Menu
 

Deur KOBUS SMIT
30 Oktober 2009

9347 keer gelees | 6 kommentaar

Hoe lyk die produksie en waardes van die groot verskeidenheid vrugte en groente wat in Suid-Afrika geproduseer word?


‘n Groot verskeidenheid vrugte en groente word in feitlik elke provinsie van die land geproduseer. Hoe lyk die produksie en waardes van dié produkte?


Tuinbouprodukte word in twee hoofgroepe verdeel, naamlik vrugte en groente. Suid-Afrika produseer ‘n groot verskeidenheid vrugte en groente in feitlik elke provinsie. In die ontleding in tabel 1 hieronder word gekyk na die gemiddelde tonnemaat en die gemiddelde bruto waardes van die belangrikste produkte, asook die uitvoer en verwerking oor die afgelope dekade (1999 - 2008).


Vrugte
Die meeste vrugte word geproduseer met die oog op die bemarking daarvan as varsprodukte, maar groot hoeveelhede van sekere vrugtesoorte word spesifiek geproduseer vir verwerking as wyn, vrugtesappe, ingelegde vrugte, konfyt, gedroogde vrugte en vir vele ander gebruike. Sommige vrugte word ook geproduseer eksklusief met die oog op die uitvoermark. Tabel 1 hieronder gee ‘n aanduiding van die tien vernaamste vrugtesoorte.

Tabel 1: Vrugte in SA (gemiddeld 1999 - 2008) 

Produk

Ton geproduseer Bruto waarde (R1 000)
Druiwe 1 615 589 4 149 868
Lemoene 1 227 707 1 759 947
Appels 679 008 1 483 445
Pere 318 477 680 205
Piesangs 348 463 670 907
Perskes 196 529 374 233
Pomelos 306 918 367 268

Suurlemoene, lemmetjies

146 509 262 994
Pynappels 160 957 137 483
Avo's 71 916 2354 22


Produksie: Druiwe toon die hoogste gemiddelde jaarlikse produksie die afgelope dekade, met 1,6 miljoen ton. Lemoene is 1,2 miljoen ton en appels 679 000 ton oor dieselfde tydperk. Pomelos toon die grootste toename in produksie oor die 10 jaar: Van 196 000 ton in 1999 tot 389 000 ton in 2008 (98%) teenoor perskes wat ‘n afname toon van 22%.


Bruto waarde: Die drie groot produkte het ook die grootste gemiddelde inkomste verdien in die afgelope dekade nl. druiwe R 4,1 miljard, lemoene R1,8 miljard en appels R1,5 miljard. Alle produkte toon ‘n styging in inkomste wat verdien is, met die grooste stygings by appels van R1,5 - R2,6 miljard (173%), lemoene van R1,8 - R3 miljard (166%), pere van R 680 miljoen - R1,2 miljard (176%) en pomelos van R367 - R634 miljoen (172%).


Uitvoer: Lemoene is die grootste uitvoerproduk met ‘n gemiddeld van 717 000 ton per jaar, gevolg deur appels met 265 000 ton en druiwe met 206 000 miljoen ton. As persentasie van produksie word die meeste avokados uitgevoer, nl, 60%. Al drie die sitrusvrugte in tabel 1 voer meer as 50% van hul produksie uit. Appels en pere voer net meer as 40% van hul produksie uit.


Verwerking: Van die druiwe-oes word 85% verwerk. Dit sluit in pars, versap, droging, ens. By pynappels word 81% van die produksie verwerk en perskes 75%. Pomelos en pere verwerk 40% van die oes en appels en suurlemoene/lemmetjies net meer as 30%.


Groente
Groente word ook reg oor die RSA geproduseer met die Wes- en Oos-Kaap, Mpumalanga en Limpopo as die belangrike produksiegebiede. Hoewel sommige groentes verwerk word en in ingelegde en bevrore vorms beskikbaar is, word die meeste as varsprodukte bemark.


Groente is ook ‘n baie gewilde boerdery-aktiwiteit onder klein en opkomende boere. Die produksie is egter baie verspreid deur die land en bemarking geskied meestal in die betrokke omgewing of via die varsprodukte markte.
Uit die beskikbare statistiek word die volgende groentesoorte as die tien belangrikste die afgelope dekade beskou.

Tabel 2: Groente in SA (gemiddeld 1999 - 2008) 

Produk

Gem. tonnemaat (1 000 ton) Gem. bruto waarde (R1 000)
Aartappels 1 745 2 504 425
Tamaties 434 691 628
Groenmielies 308 1 128 165
Uie 367 487 906
Pampoen 217 154 077
Wortels 116 138 233
Kool 170 91 863

Patats

52 55 756
Groenbone 33 90 518
Beet 46 47 449



Aartappels is verreweg die grootste produk, gevolg deur tamaties, groenmielies en uie. Die produkte toon almal ‘n geleidelike styging in produksie die afgelope dekade maar die toenames is nie wesenlik nie. Wat egter hier van belang is, is die enorme styging in die bruto waarde van die produkte oor die afgelope tien jaar. Die inkomste uit aartappels het toegeneem van R1,6 miljard tot R3,6 miljard (225%), tamaties van R494 miljoen tot R1 miljard (202%), groenmielies van R503 miljoen tot R 1,8 miljard (358%) en uie van R248tot R914 miljoen (369%).


Ander produkte
‘n Verskeidenheid ander produkte word in SA geproduseer, soos neute, tee en rooibostee, verskeie soorte blomme, sigorei, ens. Twee van die belangrikste verwerkte produkte is wyn, waarvan gemiddeld 935,8 miljoen liter geproduseer is die afgelope dekade, en gedroogde vrugte waarvan gemiddeld 52 700 ton boomvrugte en 392 000 ton wingerdvrugte per jaar geproduseer is.


Bron: Kortbegrip van landboustatistiek - 2009


Kobus Smit is ‘n voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee.


30 Oktober 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Sarel Deysel

2012/04/11 03:18:55 PM

Wil graag weet die nuwe pryse op groente en vrugte per kg wat is dit nou en waar kan ek n mark kry in Rustenburg en wats die markwaarde nou


Johann S

2011/11/28 04:42:26 PM

Ek besit n klein stukkie grond en het onlangs n 30m x 10m tonnel opgesit om groente te plant. Ons is nou besig om die 1ste groenboontjies af te haal, en dit lyk baie belowend. Ek is egter baie dom wat boerdery betref en sal graag wil kontak maak met iemand wat kennis het van groenboontjies. Verkieslik in Noord-Wes, maar dit maak nie regtig saak nie.


esmarie Baird

2011/01/18 04:59:20 PM

Goeie middag waar kan ek inligting bekom oor tamatie boedery in nelspruit, al die ins and outs asook die verpakking vir die mark, afset gebiede ens.


Dirk Joubert

2012/07/30 05:50:04 PM

Dag,ek het begin met lemoene,en sal graag wil weet waar kan ek meer afset gebiede in Limpopo kry of enige ander plek?


dfghj

2012/11/03 04:38:01 PM

waar kan ek inligting kry van vrugte boerdery in die klein karoo?


Riaan Steyn

2013/05/06 02:23:36 PM

Ek is gelee netuite kant Klerksdorp en gaan begin met groente boerdery. wil graag weet waste groente aard die beste in ie omgewing. Ek wil kool, waatlemoene, spanspekke, komkommer, en pepers plant. wil graag meer inligting bekom want ek wil dit onder drip en plastiek plant. Kan iemand my inligting gee asb.Ek wil ook weet wat die mark betref in die area

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.