Deur CHARL VAN ROOYEN
26 Junie 2012

1590 keer gelees | 0 kommentaar

Tabak is sover bekend die eerste keer in ’n stelsel van geenbewerking in SA verbou. Kyk na 'n video van dié boerdery.


Tabak word tradisioneel wêreldwyd op die konvensionele wyse geproduseer deur te ploeg, walle te maak en dan daarop te plant.

Dit is in teenstelling met baie ander gewasse waar geen- en verminderde bewerking reeds groot inslag gevind het om produksiekoste te bespaar en die grond te verbeter. Maar hoekom nie? het mnr. Gert Coetzer, ’n onafhanklike landboukonsultant van Pretoria, homself afgevra en toe het hy met mnr. Dirk Janse van Rensburg (47), ’n boer van die plaas Skuinsdrift, Groot-Marico, gaan gesels.

Groot sukses behaal
Die twee mans het saamgestem dit kan werk en Janse van Rensburg het die afgelope somer tabak onder geenbewerking geplant–met groot sukses.

Janse van Rensburg was een van die eerste boere in Groot-Marico wat hierdie metode van boerdery, waar die grond glad nie bewerk word nie en die saad regstreeks in die grond tussen die vorige oes se reste geplant word, aangepak het.

Hy doen dit van die begin af saam met die biologiese bestryding van siektes en plae. Kyk hier na ‘n video van die boerdery waar Coetzer en Janse van Rensburg meer vertel van dié boerdery.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights