Deur LUCILLE BOTHA
28 Augustus 2012

1409 keer gelees | 0 kommentaar

Tafeldruifproduksie in die suide van Namibië het ’n hupstoot gekry nadat twee bekende SA boere en uitvoerders ’n aansienlike belegging in die bedryf gemaak het.


Grape Alliance, ’n tafeldruifprodusent en –uitvoerder wat aan die bekende De Kock-familie van die Hexriviervallei behoort, het saam met die sagtevrugteprodusent Dutoit International ’n besondere tafeldruifplaas in Aussenkehr gekoop. ’n Nuwe maatskappy, First Grapes, is uit die vennootskap gebore.

Mnr. Leon de Kock, direkteur van First Grapes en bemarkingsdirekteur van Grape Alliance, sê Aussenkehr is ’n risikovrye gebied met baie min struikelblokke vir produksie.

Daar sal sowat 700 000 kartonbokse tafeldruiwe tussen November en Januarie in Namibië geproduseer word. Die vernaamste kultivars is Prime, Thompson en Flame (almal pitlose kultivars).

‘‘Dit sal ons totale aanbod tot sowat 5 miljoen bokse druiwe opstoot en ons sal voortaan byna 1 100 hektaar in Suid-Afrika en Namibië onder tafeldruiwe hê. Dit sal ons in staat stel om ons kliënte vir die duur van die hele Suider-Afrikaanse seisoen te voorsien.”

Geskik vir die mark
Druiwe vanaf Aussenkehr word veral na Brittanje en Europa uitgevoer. Die druiwe word vroeg in die seisoen geoes en die kultivars – meesal rooi pitlose druiwe – is uiters geskik vir die mark.

Die plaas het voorheen behoort aan mnr. Dusan Vasiljivic, wat baanbrekerswerk met tafeldruifproduksie in Namibië verrig het. Vasiljivic het die druiwe-uitvoerbedryf in die woestynagtige streek langs die noordelike oewer van die Oranjerivier gevestig.

Aussenkehr is een van die vroegste tafeldruifstreke in Suider-Afrika.

Grape Alliance het ook 260 hektaar tafeldruiwe onder produksie in die Trawal-streek langs die Olifantsrivier in die Wes-Kaap, asook 450 hektaar in the Hexriviervallei, waar die meeste van Suid-Afrika se gesogte Crimson Seedless druiwe verbou word.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights