18 Julie 2012

953 keer gelees | 0 kommentaar

Verteenwoordigers van SA se varsproduktemark sal byeenkom om belangrike kwessies in die bedryf te bespreek.


Verskeie internasionale en nasionale sprekers word verwag op ’n konferensie wat op 22 en 23 Augustus vanjaar vir die hele varsproduktemark in Pretoria aangebied gaan word. ’n Wye verskeidenheid kwessies, wat groot implikasies vir elke belanghebbende in die bedryf inhou, is op die agenda.
 
Luidens ’n verklaring word die konferensie deur die Produce Marketing Association (PMA) en Aartappels Suid-Afrika aangebied. Mnr. Eric Trachtenberg, direkteur van ’n konsultasiemaatskappy in Washington, sal neigings van die wêreldwye varsproduktemark, maar spesifiek ook Suid-Oos Asië en China bespreek. ’n Tweede spreker, wat op die veranderende struktuur in die verkryging van varsprodukte sal fokus, is mnr. Tim Riley, ’n verteenwoordiger van die Guimarra-maatskappye in Amerika.
 
’n Paneel met verskeie leiers sal ook ’n paneelbespreking hou oor die implikasies wat die verkryging van vars produkte op produsente, uitvoerders, kettinggroepe, verwerkers en varsproduktemarkte het.
 
Simposium
Aartappels Suid-Afrika bied op 23 Augustus ’n bemarkingsimposium aan wat op onder meer die onderskatte potensiaal van die informele handelaarsmark sal fokus. Die organisasie gaan ook ’n nuwe inisiatief om varsproduktemarkte nuwe “oemf te gee” bespreek.
 
Die konferensie val saam met die PMA se derde uitstalling van Agri-Voedselloopbane en beurse, wat met die samewerking van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied word. “Die oogmerk van die uitstalling is om jongmense aan te moedig om ’n loopbaan in die landbou-/voedselbedryf te oorweeg,” lui die verklaring.
 
Die konferensie word beskryf as ’n “omvattende netwerkgeleentheid” vir vrugte- en groenteboere, kleinhandelaars, inset- en diensverskaffers, uitvoerders, groothandelaars en varsproduktemarkte.
 
’n Volledige program en registrasie-inligting is by www.potatoes.co.za en www.careerfair.co.za beskikbaar.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights