Deur LUCILLE BOTHA
19 Junie 2012

1088 keer gelees | 0 kommentaar

Nuwe voorgestelde konsepwetgewing is op die tafel geplaas om gefermenteerde suikerdrankies (ales) te reguleer.


Mnr. Danie Cronjé, ’n drankregkenner by die regsfirma Cluver Markotter Ingelyf op Stellenbosh, sê ’n wysiging op die Wet op Drankprodukte (artikel 60 van 1989) is op 8 Junie afgekondig.

Belanghebbendes kan vir 60 dae daarop kommentaar lewer. Cronjé was die genooide spreker op ’n vergadering van die Stellenbosse Landbouvereniging.

Ales is reeds geruime tyd ’n klip in die wynbedryf se skoen. Die georganiseerde wynbedryf (onder meer Wynkelders SA en VinPro) het al by meer as een geleentheid gevra dat dié drankies verbied word. Die mark vir ales beloop glo sowat 100 miljoen liter – twee keer meer as wat die papsakbedryf op sy hoogtepunt was. Die onwettige brousels kos sowat R5 per liter.

Beperkings ingestel
Cronjé sê die wysiging bevat ’n definisie vir “ander gefermenteerde drankies”. Dit sal dus voorskryf hoe die drankies gemaak moet word en watter byvoegings toelaatbaar is. Die drankies sal ook net 6% alkohol mag bevat (tans is daar van die suikergefermenteerde drankies wat ’n alkoholinhoud van 11% tot 14% het).

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye sal ook bepaal wat die maksimum en minimum grootte van die houers waarin dit verpak word, mag wees. Na verwagting sal 5 liter-plastiekkanne beperk word.  

“Ek dink dit is goed. Daar is duidelik ’n behoefte om die produk te reguleer. Dit het die mark van wynboere weggeneem en word in ’n groot mate vir drankmisbruik verantwoordelik gehou,”  het Cronjé gesê.

Die wetgewing bevat ook vir die eerste keer ’n definisie vir bier. Dit beteken die departement van landbou kan nou ook toetse vir voedselveiligheid daarop uitvoer.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights