Promosie-artikel:
Vir eienaars van dieselvoertuie, SUV’e, woonwaens, bote en klassieke motors, kan die vervanging van batterye 'n groot gesukkel en onkoste meebring.
Battery Centre het die oplossing – die stortvrye Raylite Ultimate met AGM Tegnologie. Hierdie revolusionêre batterytegnologie is spesiaal vir die stop/aansit-voertuie van die toekoms ontwikkel. En dit is vandag vir Suid-Afrikaanse voertuigeienaars beskikbaar.
Raylite Ultimate is in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig vir verspreiding deur Battery Centre om te voldoen aan die spesifikasies van die vervaardigers van Duitse weeldemotors en om die lae vrylating Stop/Aansit-voertuigtegnologie van die toekoms te bedien. Stop/aansit-voertuigtegnologie konserveer energie deur die enjin af te skakel wanneer die voertuig in verkeer stilhou, en sit die enjin weer outomaties aan wanneer die drywer die koppelaar weer laat inskop. Die batterye wat in hierdie voertuie gebruik word, moet fris wees en hoë eise kan deurstaan, nie net om die enjin met gereeldheid weer aan te sit nie, maar ook om die nodige krag te verskaf vir ligte, elektronika en lugversorger terwyl die enjin afgeskakel is.
Wat kan dit vir jou doen?
Die Raylite Ultimate het drie maal die lewensiklus as 'n konvensionele battery, en is beter toegerus om te voldoen aan die swaar eise van toertuie soos SUV’e, bote, woonwaens en klassieke motors of enige voertuig met 'n dieselenjin. Die Raylite Ultimate bied 'n aansienlik verhoogde dienslewe.
Raylite Ultimate gebruik Absorbent Glass Matt (AGM)-tegnologie en is die enigste AGM-battery wat in Suid-Afrika vervaardig word. Die plate in die battery is groter en kragtiger, en die AGM-materiaal immobiliseer die batterysuur en maak dit volkome stortvry. Dit beteken die battery sal nie lek nie, selfs al word daar per ongeluk 'n gat in gesteek. Daarbenewens kan dit in feitlik enige posisie geïnstalleer word.
Raylite Ultimate is ook vibrasievas. Dit beteken dat vanweë die feit dat die batteryplate tussen die AGM-skeiers saamgedruk is, daar 'n kussing-beskermingseffek is teen skade wat aangerig word deur slaggate en ruwe veldterrein wat kan maak dat 4x4-, diesel- of SUV-batterye dikwels weens vibrasiestres onklaar raak en die lewe van die battery verkort.
Landurige gebruik in woonwaens
Raylite Ultimate is ook geoptimaliseer vir hoë aansitstroomsterkte en diepsiklustoepassings. Dit beteken dit is perfek vir langdurige gebruik as 'n woonwabattery, of die ekstra hoë aansitstroomvereistes van 'n dieselenjin. Die Raylite Ultimate lewer tot 30% meer stroomkrag as konvensionele batterye, wat dit ideaal geskik maak vir veeleisende aansit-toepassings.
Moderne motors maak van gevorderde klankstelsels gebruik, wat kan veroorsaak dat oormatig baie krag uit konvensionele batterye getap word, veral in die geval van geïnstalleerde versterkers en laebasluidsprekers. Die Raylite Untimate se groter vermoë om hoër stroomsterkte aan hierdie toestelle te lewer, maak dit 'n perfekte keuse vir hierdie toepassing.
Die Raylite Ultimate motorbattery is eksklusief beskikbaar by Battery Centre-afsetpunte landwyd, waar voertuigeienaars gratis toetsing, deskundige advies en professionele batterymontering kan kry. Die batterye wat vir uitstalling gekies is, sluit in 70, 80 en 92 Ah batterye om te voorsien in meeste voertuigbehoeftes en -toepassings en gaan vergesel van 'n landwye waarborg.
20 Julie 2010
Kommentaar
Wanneer beskikbaar?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)