Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Wiele / Ander / Boere-werkers-maak-self-pad-reg

Nuus

Eskom wil kragpryse opstoot

Geen bedryf in Suid-Afrika kan Eskom se jongste voorstel van ‘n 50% styging in die kragprys oor vyf jaar oorleef nie, sê Agri SA.

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere, werkers maak self pad reg

 
Deur PEET SIMONIS
Boere en werkers maak self slaggate reg. Foto: VERSKAF
Boere en werkers maak self slaggate reg. Foto: VERSKAF

Op ‘n slegte stuk pad tussen Ficksburg en Senekal, het ek meer as twee honderd slaggate getel oor ‘n afstand van ongeveer 100m. Party was groot en ander klein, maar die klem hier is op WAS – hulle IS nie meer nie, want 24 boere en hulle sowat 110 werkers het die gate reggemaak.
 
Dis ook nie net die sowat 200 slaggate wat nou toe is nie. Duisende ander slaggate is reggemaak oor ‘n totale lengte pad van 20km. Dit is in net meer as twee weke gedoen.

Hard aan die werk. Foto: VERSKAF

Kenners skat dit kon soveel as R1 miljoen of dalk meer gekos het as die Regering die werk moes doen, maar die boere kon dit vir R284 000 gedoen – arbeidskoste ingesluit, volgens mnr. Hannes Pretorius, een van die betrokke boere.

‘n Ingenieur het raad gegee oor hoe om die werk te reg te doen. Dit het 240 ton gruis, 44 dromme teer en meer as ‘n 100 sakke sement gevat om die gate toe te kry.

Tonne materiaal is gebruik. Foto: VERSKAF
 
Hoekom self slaggate regmaak?
Die boere se besluit om self in te spring en die werk te doen, het gevolg na maande se vrugtelose vertoë tot die Regering. Die antwoord was - “ons het nie die geld en die werkers om dit te doen nie.”

Terwyl die werk aan die gang was, het die adjunkhoof van die Regering se vervoerowerhede in die gebied besoek afgelê en gesê: “Ons weet die boere vloek ons oor die paaie in so ‘n toestand is, maar wat kan ons doen sonder geld, werkers en kundigheid? Maar nou was ek hier en toe ek sien in watter gees julle die dinge doen, het daar n groot klip uit my hart uit gerol.”
 
“Boere en mense in ander beroepe regoor die land kan meer dikwels helpende hande uitsteek na die owerhede wat nie die oral die mas opkom nie. En die owerhede kan gerus die hulp aanvaar van mense wat kan help. Saam kan ons baie vermag in belang van almal in ons land,” sê mnr. Friedl von Maltitz, een van die betrokke boere.  
 
20 Julie 2010

4.714285
 
 
  • 4631 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Johann Marx 
26 Jul 2010 06:49

As die regering nie "geld, tyd, arbeiders, materiaal of kundigheid" het nie....dan doen ons dit self, en voel boonop "trots".....Ek kan ongelukkig nie hierdie maand die helfte van my inkomste aan die staat oorbetaal in belasting nie....ek het nie "geld, tyd, arbeiders, materiaal of kundigheid" om dit mee te doen nie. Kry vir julle...

  • antwoord
nokkie du toit 
25 Jul 2010 17:08

dit is wonderlik, ek byt nie aan die regering se antwoord dat daar nie geld is nie, daar is geld, as al die persone in verantwoordelike posisies nie die geld steel nie en die wat miljoene in n maand huistoe vat dit afskaal, is daar geld.

  • antwoord
taxpayer 
24 Jul 2010 23:02

As ons kan regmaak wat verkeerd is, dan kan ons mos ontslae raak van die Parlement en Luthuli huis!

  • antwoord
Renier 
24 Jul 2010 17:08

Die regering behoort belasting toegifte te maak aan privaat individue wat hierdie inisiatiewe neem. Dan sal meer privaat inisiatiewe ontstaan om die swak dienslewering behulpsaam te wees.

  • antwoord
Elme Lyon 
23 Jul 2010 10:30

Dis wonderlik om te sien dat die boere-gemeenskap saamstaan en 'n daadwerklike poging aanwend om die paaie te verbeter. Dit is nie net vir hulle eie voordeel nie, maar vir al ons ander padgebruikers. Elke Suid-Afrikaner kan die voorbeeld volg en ons land help opbou.

  • antwoord
Lizel Bruwer 
23 Jul 2010 09:23

Dankie dankie dankie! My pa en broer ry elke dag honderde kilometers om takke en boere in verkeie streke te besoek. Ek hoor elke dag van n boer / iemand veral in FS en NW wat baie ernstig beseer of dood is agv die slaggate. Nou kan ek ten minste met n (bietjie meer) geruste hart weet dat hulle veiliger is elke dag op daardie afgesonderde paaie waar die regering seker nooit uit kom nie!!

  • antwoord
iemand met 'n skuilnaam 
22 Jul 2010 15:49

Mooi so!
Ek het gehoor 'n paar boere het 'n slegte pad daar naby Vredefort ook op eie koste herstel. Motoriste het gestop om hulle te bedank, maar party suurknolle het gedreig om die polisie te bel. Stel jou voor: "Help! Help! Iemand is besig om die pad reg te maak!" Die poot aan die ander kant van daardie lyn was seker lekker verward.

  • antwoord
GW RAAD 
22 Jul 2010 11:00

ek stem dat iets gedoen moet word. die regering se apatiese optrede stem my egter tot onrus. hoe kan daar nie geld wees nie? daar word dan begroot vir die paaie. die petrol prys bevat 'n gedeelte wat juis vir daardie doel moet gaan. nou word tolpaaie elke 10km 'n werklikheid in Gauteng. die ander persone wat kommentaar lewer baklei alreeds oor wie nou wat moet doen of presedente geskep word al dan nie. die punt is die regering moet toesien dat die land bestuur word. indien nie moet hulle die eerbare ding doen en gaan! hulle kan nie van al die kundiges ontslae raak en dan beweer daar is nie kundigheid nie. dieselfe politiese persoon wat die stellings maak erken onomwonde dat hy inkompetent is hy kan nie die werk doen ek ook nie sy afdeling bestuur nie. indien hy kon sou die paaie reeds lankal aandag geniet het. maar die geld gaan allereers vir sokkerkaartjies onthale en swierige geleethede. ek wil ook my gelukwensing aan die boere vermeld ek het die hoogste agting vir julle wat ingespring het - pasop egter dat julle nie al die regering se werk (paaie, skole infrastruktuur, plaas beveiliging ens ens) begin oorvat en steeds aan die kort ent gaan trek nie. hulle vat nie net pinkies nie!

  • antwoord
Onbekende besoeker 
21 Jul 2010 12:57

Aan GWK, weet jy hoe werk 'n hof, sekerlik nie. Hierdie is 'n positiewe ding wat deur die boere gedoen is en nou het jy net negatiewe dinge te se. Wanneer laas het jy iets GEDOEN. Hou op negatief wees en DOEN iets.

  • antwoord
Van Joburg 
21 Jul 2010 09:12

Welgedaan aan al die boere.

  • antwoord
  • 1
  • 2
  • volgende >
  • laaste >>

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Eet gesond én lekker
  • Verkoopsmanne
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction