|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 12:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die Chevrolet-handelsmerk is vanjaar 100 jaar oud. Die eerste Chevvies met hul “strikdas”-logo het in 1913 in Suid-Afrika aangeland en sedert daardie vroeë jare diep spore in die Suid-Afrikaanse motorbedryf getrap.
'n Winskoop
Die eerste motor wat die Chevrolet-naam gedra het, was die twee stigters van die maatskappy, William Durant en Louise Chevrolet, se Classic Six van 1912. In Amerika het dié spogmotor ’n hele $2 150 (so R15 000 in vandag se geld) gekos.
Talle Chevrolets is oor die jare heen in Suid-Afrika bemark, maar die een wat baie van ons ouer lesers wat op plase grootgeword het, met groot deernis sal onthou, is die 1948-model Chevrolet-bakkie, ofte wel “wên”, soos almal dit genoem het. (Die woord “bakkie” het eers baie later gekom.)
Rateltaai
Hierdie veelsydige en geharde halftonbakkies was die eerste Chev-produkte wat ’n algeheel na-oorlogse ontwerp gehad het. Gevolglik was hulle van die modernste voertuie van hul tyd. En taai was hulle beslis. Baie van hierdie Chev-wêns het tot diep in die 1960’s diens gedoen.
Om in landbouwiele te adverteer, kontak:
Stanton Porter Marketing, tel. 012 654 2745 faks 012 654 0114 of e-pos sharon@stanport.co.za
Redaksionele navrae:
Teddy Knoetze, sel 082 456 3454.
20 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)