|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 12:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Toyota in Suid-Afrika is vanjaar 50 jaar oud. En om die saak met ’n behoorlike opskop te vier, beoog die maatskappy ’n hele rits bekendstellings, onder meer van die nuwe Hilux en die Fortuner, ’n kleinerige sedanmotor en ’n MDV, oftewel meerdoel-voertuig.
Om die plesierighede in te lui – en sommer ook om die Land Cruiser se 60ste verjaardag te vier – het Toyota verlede maand die FJ Cruiser, ’n moderne variasie op 1950’s se Land Cruiser FJ40-tema, bekend gestel.
Nie juis mooi maar wel gedug
Mooi is die FJ nou nie noodwendig nie, maar al vier die modelle in die reeks is uiters gedug, gespierd en gehard soos ’n Afrikanerskoubul. Van voor gesien, is dit duidelik dat die FJ Cruiser,met sy wit dak, enkele ronde kopligte, regop voorruit, reguit sierrooster, reguit hoë voorbuffer en hoë luginlaat ’n kleinkind van die oorspronklike Cruiser is.
’n Interessantheid is dat die handvatsels vir die agterdeure, wat soos kasdeure oopmaak, agter twee groot voordeure weggesteek is. In die kajuit is daar ruim plek vir vyf insittendes. Die geharde tema word hier voortgesit, met dik rubbermat op die vloer en waterbestande materiaal vir die sitplekke (dit het ’n beskermende lagie en kan dus maklik skoongemaak word).
Wat darem nou nie beteken dat die geriefies en veiligheid afgeskeep is nie. Glad nie. Die FJ het inderdaad alles wat jy in ’n bekwame veldvoertuig kan verwag, insluitende elektriese ruitverstelling, ’n kragtige lugversorger, ekstra kragsok, ’n tru-monitorstelsel, CD-klankstelsel, baie bêreplek, ses lugsakke, ABS-remme, ens.
Besonder bekwaam
Krag kom van ’n V6-petrolenjin van vier liter wat 200 kW by 5 600 r/min en 380 N.m wringkrag by 4 400 r/min. ontwikkel. ’n Outomatiese vyfganghandratkas word gebruik, en vir strawwe werk in die veld is daar ’n oordraratkas. Die FJ is besonder bekwaam in die veld.
Hy het ’n grondvryhoogte van 245mm(die beste in die hele LandCruiser-reeks) en, danksy die kort oorhange voor en agter, ’n naderhoek van 34 grade en ’n vertrekhoek van 30 grade.
Daar is ook twee swaardiens-hake aan die voor- en een aan die agterbuffer (om ander ouens uit die water en modder te sleep, natuurlik. Die FJ gaan sit nie vas nie). Al die FJ Cruisers het ’n versieningsplan van vyf jaar of 90 000km en ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km.
Pryse
FJ Cruiser: R435 500
FJ Desert Cruiser: R450 400
Nerfstamper met vasgeboute ryligte, matstel vir alle weerstoestande, trekstang, klip-skermstawe aan die kante, en Desertkentekens – beperkte weergawe net in Sandstorm-kleur beskikbaar.
FJ Trail Cruiser: R451 700
Dakrak met ingeboude ryligte, swart noodwiel-bedekking, trekstang, matstel vir alle weerstoestande en Trail-kentekens – beperkte weergawe net in grys metaalkleur beskikbaar.
FJ Sport Cruiser: R457 300
Pikswart (raven black) met leerbekleedsel, chroominsetsels in die stamper, verchroomde hoë luginlaat, deurhandvatsels, buite-truspieëls en sierrooster,matsel, FJ-drumpelplate en Sport-kentekens.
Om in landbouwiele te adverteer, kontak:
Stanton Porter Marketing, tel. 012 654 2745 faks 012 654 0114 of e-pos sharon@stanport.co.za
Redaksionele navrae:
Teddy Knoetze, sel 082 456 3454.
12 September 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek neem aan nie in Diesel nie want die FJ is al 'n geruime tyd hier beskikbaar maar slegs in Petrol. Die Tundra is die groter bakkie hier, en kom ook net in petrol voor, maar kragtig genoeg om enige taak aan te pak. Die 4 wiel dubbelkajuit Tundra hier in 'n 5.7 V8 kos so ongeveer $38 000. (R280 000)
Vir bogenoemde pryse kan ek hier 'n Cruiser koop.....
Ek stem 500% saam met Hakuna. Die duurste bakkie, dubble cab in Amerika is seker max $35000 US. Maar dan moet jy sien wat jy kry, dis 8 silinder diesel of petrol, baie sitplek ruimte en krag!! Blykbaar soos ek verstaan vervaardig toyota 3 modelle, nl n model vir VSA en n model vir Europa en n model vir SA, en eerlik jy kan nie SA modelle met oorsee vergelyk nie, nog minder die waarde van geld!! En ons te boikot, was die invoer belasting 50% v die koop som, steeds bly dit n winskopie. Maar jy verloor die waarborg van die motor, want SA het nie die opgeleide personeel en toerusting om oorsee se voertuie te diens nie, en juis omdat ons swael inhoud van diesel so hoog is, 500pp teenoor 50 van oorsee (bietjie onder korreksie met die syfer) Maar die oomblik as jy SA diesel ingooi, gooi jy die waarborg weg. Baie slim v SA Toyota om jou tot n mate te dwing om die plaaslike gemors te ondersteun.
Hoekom nie in diesel nie en hoekom so vreeslik duur?
Duurste model kos hier $30440 (R225 264). Suid Afrikaanse motor pryse is belaglik.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)