|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die nuwe 2.0 TSI, wat met kraglewering van 118 kW spog, voltooi nou Volkswagen se dubbelkajuitreeks, wat ook twee dieselweergawes, die 2.0 TDI (90 kW) en die 2.0 BiTDI (120 kW), insluit.
Al die enjins is gekoppel aan ’n sesganghandratkas. ’n Outomatiese ratkas sal na verwagting volgende jaar in die derde kwartaal beskikbaar wees. Die Amarok is in September verlede jaar plaaslik bekend gestel.
Rygerief staan uit
Talle mense glo dat dit ’n nuwe standaard in die bakkiemarksegment stel, veral wat die rygerief en werkverrigting betref. Daar is reeds meer as 4 500 Amarok-dubbelkajuite van die hand gesit, wat Volkswagen ’n stewige markaandeel van 15,5% gee.
Dit is naas Toyota se Hilux die beste verkoper in die dubbalkajuitsegment. Die Amarok het vroeg in sy bestaan internasionale status verwerf as ondersteuningsvoertuig in die moordende Dakar-tydren wat oor van die uitdagendste terreine in die wêreld voltooi word.
Plaaslik word dit ingespan vir die Spirit of Africa-kompetisie en ook vir die Voetspore-tog van Kaap Agulhas tot in Alexandrië in Egipte. Die 2.0 TSI is ’n turbo-aangejaagde viersilinderenjin met vier kleppe per silinder wat sy maksimum drywing van 118 kW teen tussen 3 800 r/min. en 5 500 r/min. lewer.
Jongste ontbrandingstegnologie
Die enjin se 300 N.m wringkrag is beskikbaar vanaf 1600 r/min. tot 3750 r/min. Die jongste ontbrandingstegnologie word gebruik in die vorm van ’n veranderende wisselvin in die turbo-aanjaer en aanpasbare kleptydreëling.
Die regstreekse petrolinspuitstelsel se operasionele druk is 19 000 kPa. Die petrol-Amarok kan in minder as 10 se kondes van 0 km/h tot 100 km/h versnel en dit kan, volgens Volkswagen, ’n maksimum spoed van 180 km/h haal.
Die petrolverbruiksyfer word aangedui as 9,6 liter/100km, met CO2-uitlaat van ’n skaflike 228 g/km. Dié bakkie het ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km, ’n versieningsplan van vyf jaar of 90 000 km en dit kos R301 400 (BTW ingesluit). Alle modelle het ’n teenroeswaarborg van ses jaar en die versieningsinterval is 15 000 km.
9 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Daar was baie bakkies wat op die mark gekom het om Toyota n go te gee, maar hulle kom net nie by nie.Die Navara sou dit ook gedoen het, wat het van hulle geword ?
As VW se post-diensplan dienste goedkoper is as Toyota se 10000km dienste dan koop ek more een!
Die volksies moet hulself maar nog bewys in ons toestande, ek sal maar my Hilux bly ry want die ding wil net nie breek nie.
Puik! Streng kompetisie vir Toyota, maar ook maar vrek duur
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)