|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
As jy alles moet glo wat jy hoor, is die nuwe Ford Ranger ’n meneer van ’n bakkie wat geen tree agteruit hoef te staan vir die Toyota Hilux, Volkswagen Amarok, Isuzu KB of die Nissan MP300 nie.
Trouens, die Ford-mense reken as jy na gehalte, toerusting, vermoë, keuse van enjins en prys kyk, het hulle ’n wenner. Bakkie-kopers in Suid-Afrika het vandag ’n keuse soos nog nooit tevore in die geskiedenis nie.
Groot mededinging
Afgesien van die gevestigde name, hoofsaaklik van Japanse oorsprong, word die mark deesdae oorstroom met goedkoop (of goedkoper) enkel- en dubbelkajuitbakkies van Chinese vervaardigers, waarvan die gehalte in die afgelope twee tot drie jaar ongelooflik verbeter het.
’n Goeie voorbeeld is GWM, wie se gehalte, voorkoms en toerusting van die allerbeste is. Dis nou hierdie bokskryt wat Ford met die nuwe, heel aantreklike Ranger betree. Nou moet ’n mens darem sê dat Ford sy huiswerk gedoen het.
Hy het oor die hele wêreld gaan navorsing doen voordat die voorkoms en spesifikasie van die nuwe bakkie gefinaliseer is. Boonop het Ford al die moontlike gedoen om te verseker dat die bakkie so veilig moontlik is. Gevolglik spog die Ranger met ’n vyfster-aanslag in die strawwe Euro NCAP-botstoetsprogram – die enigste bakkie waaraan hierdie hoogste aanslag ooit toegeken is.
'n Model vir elke man
Om elke hoekie en gaatjie van die mark by te kom, bestaan die Ranger-reeks uit nie minder nie as 23 modelle, enkel- en dubbelkajuit, twee- en vierwieldryf en petrol en diesel. En die prys is reg – dit strek van R174 000 vir ’n enkelkajuit, R228 000 vir ’n SuperCab, R259400 vir die goedkoper dubbelkajuite en daarvandaan tot R436 700 vir die 3,2 liter-XLT 4x4-dubbelkajuitdiesel met ’n outomatiese sesgangratkas.
Diesel- en petrolkragbronne word ingespan. Die dieselenjinreeks spring weg met ’n splinternuwe 2,2 liter-Duratorq-turbodiesel met twee leweringsvlakke (88 kW en 285 N.m, en 110 kW en 375 N.m). Die vlagskip-diesel is ’n vyfsilinderenjin van 3,2 liter wat 147 kW en 470 N.m wringkrag ontwikkel.
Dan is daar ’n verbeterde 2,5 liter-Duratec-petrolenjin van 112 kW wat 226 N.m wringkrag lewer. Die Ford-bakkies het ’n 80 liter-tenk. Met van dieselmodelle kan jy, as jy ligvoet bestuur, tot meer as 1 000 km haal voordat jy vir brandstof hoef stil te hou.
Ruim en gerieflik
Die petrolmodelle is toegerus met ’n vyfganghandratkas, maar in van die dieselmodelle het kopers ’n keuse tussen sesgangratkaste, handrat en outomaties. Die kajuite, enkel- en dubbelkajuit, is besonder ruim (die meeste beenruimte in die klas), gerieflik en goed toegerus.
Die deftiger, duurder modelle kom selfs standaard met dinge soos Bluetooth-, USB- en iPod-verbinding, stembeheer vir die radio, elektroniese klimaatbeheer, snelheidsbeheer, en dies meer.
Dis nou afgesien van elektriese ruit- en kantspieëlverstelling, ABS-remme, lugsakke, kragstuur en hope pakplek in die kajuit. Vir gemoedsrus kom die Rangers met ’n versieningsplan van vyf jaar of 90 000 km, ’n omvattende waarborg van vier jaar of 120 000 km en drie jaar se padbystand. Hulle moet elke 15 000 km versien word.
Om in landbouwiele te adverteer, kontak:
Stanton Porter Marketing, tel. 012 654 2745 faks 012 654 0114 of e-pos sharon@stanport.co.za
Redaksionele navrae:
Teddy Knoetze, sel 082 456 3454.
5 Desember 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Uiteindelik! Na die lang gewag staan my nuwe 3.2 Supercab saans onder my dak. Tans so net oor die 1200km gedoen. Ek ry baie, die nuwe 3.2 is net 'n plesier! Redelike brandstofverbruik van so 9,5km/l. Dit is 'n lekker groot trok, die enjin brul sommer lekker as jy hom trap, alles is 100% reg. Geluk Ford! Hierdie lang wag was voorwaar die moeite werd.
al is n bakkie hoe sleg of reg , die eienaar sal nooit vertel van die klein ding nie , hy hou dit vir hom self , ons is tog so bang om uit die mode te wees. ek het 10 jaar terug n nuwe hilux gekoop , hom 3 keur deur die bome gery en sy enjin was klaar op 80 000 km, ek het vir my self gese nooit weer nie .laas jaar toe koop ek n nuwe top of the range fortuner , hy het so 3 maande gehou toe verkoop ek hom weer , en my laaste woorde was nooit WEER NIE . EK HET N cruiser bakkie wat ek op die plaas ry en ek sal hom nie ruil vir enige iets nie ,Na die fortuner was daar n nuwe defender in die garage , die vrou se keuse , wel op 4000 km het hy so halwe dag op die N1 gestaan en wag vir n mechanic, maar die famouse laaste woorde van die vrou was . DIT IS DAREM NIE SO ERG NIE . ALMAL HET MAAR N PERSOONLIKLE KEUSE , AL IS DIT DALK VIR ANDER N VERKEURDE KEUSE , Gelukkig verskil elkeen se opinie .
sterkte vir almal, en moet se NOOIT WEER NIE
Ford hoekom dan so groot die F O R D agterop geskryf, ons boer met bakkies ons wil nie soos Chuck Norris lyk en die gansdans doen met 'n cowboy hoed nie. Verder, net die hilux word gekritiseer teen word, hoogste bome vang die meeste wind so die ou Fordson'kie sal hom eers moet bewys daar is nog nie 1 boer in S.A wat al 100 000 plaaskilos met n nuwe word gery het om sy stem dik te maak nie. Plaaskilos hilux-wie het nog nie 100 000 plaaskilos met n hilux gery nie?
Ek besit tans my 3de Ford Ranger. Het al op die lang pad al verskeie kere tussen 9 en 11 kms per liter gekry. Ek het ook nog nooit probleme met enige van hulle gehad nie.
Hoekom word bakkies net vir die "rykman" gebou? Koop jy 'n nuwe bakkie en sien na een jaar is 'n kwart van sy aankoop-prys weg. Praat jy van R300 000, kan geen persoon met 'n gemiddelde inkomste so 'n voertuig koop nie. Dit is niks om skuld te maak nie maar eendag moet jy tog terug begin betaal. Komaan Ford as die Chinese dit kan regkry met hul goedkoper bakkies, dan kan julle dit ook doen!
T.Eagles - ek sekondeer jou voorstel!
Ek wil darem nie baie se nie maar ek wonder of julle bakkie manne julle brandstof syfers reg het. My Mazda Magnum B3000 het my oor 'n 10 jaar periode nooit meer as 7,5 tot 7,8 km/liter gegee nie. Dan het ek mooi gery. Ek ry nou 'n BMW X3 3.0d en hy gee my so 12.5km/liter as ek so 100kmh ry. Kerels, check weer julle syfers.
Manne dink julle nie ons kort net n saam kom plek, lekker kamp vuur en braai dan gaan ons almal sommer lekker kan stront praat oor ons bakkies. Op die ou einde van die dag het elkeen seker maar sy eie smaak. Lekker om bietjie te kan gesels.
!
Die probleem met Ford is dat hy net half ontwerp is en die verdere ontwikkeling vindplaas in Pretoria Wes met die enjin wat in 'n boom hang. Dis overrated gemors, die fabriek is ook so outyds as wat kan kom. Vat maar die ou model met sy fals alarms en immobolizer probleme
Dink jy nie die Hi-lux se bande was dalk te styf gepomp nie Jan ? Klink dan vir my dit was n Saterdagmiddag was die spoed nie dalk 160 ipv 60km/pu nie ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)