22 Augustus 2012

2002 keer gelees | 1 kommentaar

Met hierdie bekostigbare bakkie kan plaaswerk in gerief kafgedraf word. Boonop is die Steed 5-reeks baie veilig.


Sedert GWM in 2007 sy deure in Suid-Afrika oopgemaak het, gaan dié vervaardiger van krag tot krag. Hoewel GWM die plaaslike motorryers deesdae alles van sportiewe passasiersvoertuie tot bekostigbare sportsnutsvoertuie bied, bly die bakkies waarmee hy naam gemaak het, die vervaardiger se eerste voorkeur.

Die Steed 5-reeks, met ’n verskeidenheid aantreklike, geharde 4x2- en 4x4-enkel- en dubbelkajuitbakkies, petrol en diesel, sit hierdie trotse tradisie voort.

Bakkies gebou vir klippe kou
Die Steed 5-reeks het ’n bakkie vir elke boer se beursie en werkbehoeftes. Daar is die uiters bekostigbare Steed 5 2.2-reeks, wat bestaan uit die 2.2 Workhorse-enkelkajuit en die 2.2-dubbelkajuit, die kragtiger Lux 2.4-petrolenkelkajuit in 4x2- en 4x4-weergawes, en die 2.5TCI-diesel­enkelkajuit, wat jy ook as ’n 4x2 of 4x4 kan  kry.

As jy ’n bakkie soek wat jy vir werk sowel as ontspanning en gesinsvervoer kan gebruik, het GWM ’n keur van dubbelkajuite, 4x2 en 4x4, petrol en diesel. Daar is die 2.4-petrol­dubbelkajuit (4x2 en 4x4), die 2.5TCI-dieseldubbelkajuit, ook in 4x2 en 4x4, of die Steed 2.0VGT-dubbelkajuit, wat spog met GWM se eie-ontwerpte 4D20-dieselenjin. Weer eens het jy ’n keuse tussen twee- en vierwielaandrywing.

Die 4D20-dieselenjin verdien ekstra vermelding. Hierdie enjin, wat GWM heeltemal onafhanklik ontwerp het, is in 2010 gekies as een van China se tien beste enjins (die enigste dieselenjin) en bekroon met ’n Chinese Hart-toekenning. Die 4D20 het in verlede jaar sy eerste verskyning in die GWM H5-sportnutsvoertuig gemaak.

Die viersilinderenjin met deelpyptegnologie voldoen aan Euro 4-emissiestandaarde en ontwikkel 110 kW by 4 000 r/min. en ’n stewige 310 N.m wringkrag tussen 1 800 en 2 800 r/min. Dit dryf die trekwiele deur ’n sesganghandratkas.

Meer as net ’n mooi gesiggie
Alle modelle in die Steed 5-reeks kan uitgeken word aan ’n dinamiese sierrooster, kragtige lyne en allooiwiele. Die enkelkajuite het baie ruimte op die langer laaibak, wat die vervoer van alles van gereedskap, toerusting, sakke mielies en bale hooi tot motorfietse en vierwielmotorfietse vergemaklik, terwyl die dubbelkajuite die perfekte oplossing vir die vervoer van passasiers en hul bagasie bied.

GWM plaas groot klem op veiligheid en gerief in al sy voertuie en die Steed 5-reeks is beslis geen uitsondering op die reël nie. Maar die vervaardiger sien ook om na boere wat net die basiese soek in ’n bakkie om koste te bespaar.
Die Steed 5 2.2 Work­horse, wat net kragstuur en lugversorging het, is ’n uitstekende voorbeeld hiervan.

Na gelang van die model bied die Steed 5-reeks ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding, dubbele veiligheidslug­sakke, afstandbeheerde sentrale sluiting, kragstuur, lugversorging, elektriese ruit- en kantspieëlverstelling, leersitplekke, stuurwiel met kontroles vir die klankstelsel, en vele meer.

Jou waarborg van gemoedsrus
Elke GWM-voertuig word verkoop met ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en 24-uur-padbystandsdiens vir twee jaar. ’n Netwerk van 71 GWM-handelaars en -werkwinkels wat oor die lengte en breedte van die land versprei is, verseker dat eienaars van GWM-bakkies altyd in bekwame hande is.

Pryse van die Steed 5-reeks wissel tussen R124 990 vir ’n petrolenkelkajuit en R242 990 vir die 4D20-dubbelkajuit en die pryse sluit BTW en omgewingsbelasting in.

As jy dus soek na puik waarde vir geld om jou dagtake moeiteloos en sorgeloos afgehandel te kry, gaan kuier by jou naaste GWM-handelaar, besoek www.gwm.co.za of skakel 011 805 6621 sommer vandag nog.

Om in landbouwiele te adverteer, kontak:
Stanton Porter Marketing, tel. 012 654 2745 faks 012 654 0114 of e-pos sharon@stanport.co.za
Redaksionele navrae:
Teddy Knoetze, sel 082 456 3454.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Eugene Bennetts

2012/08/22 04:20:55 PM

Ek werk vir GWM en as enige iemand belangstel om die Steed 5 Workhorse of dubbel kajuit te koop, kontak my gerus op 011 858-4000 vir meer inligting.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights