30 April 2012

1364 keer gelees | 0 kommentaar

Die motorskrywer, Vic Oliver, toets die Foton BJ105, ‘n 6 920 kg-GVM-vragdraer, toegerus met ‘n fabrieksvervaardigde valkantbak.


Promosie-artikel:
Die motorskrywer, Vic Oliver, toets die Foton BJ1051, ‘n 6 920 kg-GVM-vragdraer, toegerus met ‘n fabrieksvervaardigde valkantbak.

Foton het in 1996 in Bejing, China, ontstaan en het sedertdien ‘n groot vervaardigingsmaatskappy van kommersiële voertuie geword, met verkope van meer as 800 000 voertuie per jaar. Sowat 20% hiervan gaan aan oorsese markte.

Foton het wyslik bondgenote gemaak van die groot rolspelers in die internasionale kommersiële voertuigmark, soos Cummins en Daimler, en wil nou ‘n redelike aandeel in die Suid-Afrikaanse mark vir kommersiële voertuie bekom.

Die voertuig wat aan my gegee is om te toetsbestuur, was die BJ1051-model, ‘n 6 920 kg-GVM-vragdraer, toegerus met ‘n fabrieksvervaardigde valkantbak. Tydens die voorritinspeksie het die bou- en ontwerpgehalte van die voertuig my beïndruk. Die invloed en ervaring van Daimler en Cummins met die bou van gehaltevoertuie en –enjins kon duidelik gesien word.

Ware toets vir verrigting
Vir ‘n ware toets vir die voertuig se werksverrigting en brandstofverbruik, het ons ‘n roete met 40% hoofweg- en 60% stadspaaie gekies. Die BJ1051 is met 60 sakke sement van 50 kg elk gelaai, wat ‘n nominale vrag van 3 000 kg en ‘n nominale gelaaide voertuigmassa van 5 960 kg gee.

Met ‘n bruto voertuiggewig van 6 920 kg, kon nóg 20 sakke sement op die voertuig gelaai word, wat illustreer dat, toegerus met ‘n fabrieksgeïnstalleerde liggewigbak, die voertuig in staat is om ‘n vrag van bykans 4 ton te dra.

Die brandstofverbruik gedurende die toets van 13,81 l/100 km was voortreflik en staaf die Cummins-stelling wat daarop aanspraak maak dat hulle moderne vragmotorenjins met uitsonderlike werksverrigting en lae bedryfskostes bou.

Op die pad het die BJ1051 homself uitsonderlik goed gedra. Die tussenverkoelde 3,8 liter-Cummins ISF-enjin met direkte inspuiting en turbo-aanjaer het sy maksimum wringkrag van 450 Nm gelewer net bo die luierspoed teen 1 200 r.p.m. en het hierdie wringkrag behou tot op 2 200 r.p.m. Hierdie gelykwringkragkurwe-enjin, gekoppel aan ‘n gesinchroniseerde sesspoedratkas, maak die voertuig ‘n plesier om te bestuur en verseker hoë voertuigproduktiwiteit. Die Foton se werksverrigting is deeglik getoets tydens die roete toe ons die bekende Krugersdorp-heuwel geklim het.

Bekende heuwel vir toetsritte
Vragmotorvervaardigers gebruik dikwels hierdie heuwel om hul voertuie te toets as gevolg van die steil helling. Die meeste kommersiële voertuie met vragte moet hierdie heuwel opkruip. Die BJ1051 het dit lag-lag in vierde rat uitgeklim en ‘n spoed van 80 km/h behou.

Teen 80 km/h lewer die enjin 1 800 r.p.m., wat in die middel van die wringkragband is en bewys dat die ratwerk op die voertuig korrek is.

Die enjin voldoen aan die Euro 3-uitlaatgasstandaard, wat dit ‘n omgewingsvriendelike voertuig maak. Die volledige lugremstelsel, wat gewoonlik net in groter vragmotors gesit word, verseker uitstekende remvermoë. Tromremme is reg rondom ingesit. Die BJ1051 is toegerus met ‘n enjinuitlaatrem wat ons nie baie doeltreffend gevind het nie.

Goeie kajuitvering en geraas- en hitte-insulasie verseker dat die geraasvlakke binne die kajuit goed is. Alle kontroles is maklik om te gebruik en ons het dit bestuurdersvriendelik gevind.

Lugversorger en radio
Om by te dra tot bestuurdersgerief, is ‘n lugversorger en radio standaardtoerusting. Die kajuit is hoog op die onderstel gemonteer en met die redelike groot truspieëls het die bestuurder ‘n goeie panoramiese uitsig sonder blinde kolle.

Foton Truck SA is deeglik daarvan bewus dat voertuigbestuurders in Suid-Afrika ‘n goeie, landswye netwerk van handelaars vereis, wat die nodige rugsteundiens kan verskaf om hoë voertuigbenutting te verseker. Die maatskappy is daarom in die proses om handelaars reg oor die land aan te stel.

By Foton se Isando-kantore bied ‘n R2 miljoen-onderdelevoorraad en werkswinkel met opgeleide tegnici eienaars gemoedsrus.

Ek was oor die algemeen baie beïndruk met die werksverrigting van die BJ1051 en die uitstekende brandstofverbruik. Ek is seker dat dit nie lank sal wees voor ons baie nuwe Foton-vragmotors op ons paaie sal sien nie.

Spesifikasies:
Kompressieverhouding: 17,2:1
Brandstofstelsel: Bosch Electronic
Silinders: 4
Boor: 102 mm
Slag: 115 mm
Enjinsamestel: D0F3002BX03
Uitlaatsertikasie: China Fase 3
Turbo-aangejaag en lugverkoel
Verplasing: 3 760 cm³

Besoek Foton se webwerf vir meer besonderhede.

26 April 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights