Deur GERRIT BEZUIDENHOUT
30 Junie 2012
2354
keer gelees |
kommentaar
Die Foton Aumark BJ1089-vragmotor. Foto verskaf
Vir hierdie twee besigheidsmanne bied Foton-vragmotors elke keer die antwoord.
Vir hierdie twee besigheidsmanne bied Foton-vragmotors elke keer die antwoord.
Mnr. Attie du Plessis, eienaar van Transem, is al sedert 1976 in die melkverwerkingsbedryf en met ’n verspreidingsnetwerk wat Klerksdorp, Potchefstroom, Welkom, Lichtenburg en die Vaaldriehoek insluit, het hy betroubare vragmotors nodig om te verseker dat sy kliënte hul produkte betyds kry. Hy het gaan ondersoek instel na kandidate in die 5-ton vragmotor-reeks en besluit om sommer tien Foton-vragmotors aan te koop!
“Ek het reeds ’n paar vragmotors wat ek gebruik vir melkverspreiding, maar ek was opsoek na ’n hoë gehalte vragmotor wat veilig en gerieflik is. Die Foton vragmotors wat ek gesien het, het onmiddelik die indruk van hoë standaarde en veiligheid geskep en boonop was die prys twee-derdes dié van hulle mededingers.
"Die Foton bied ook ’n hele reeks voordele, waarvan die volle lugremme vir my die grootste voordeel bied. Tesame hiermee het die Foton oor groter bande en word dit aangedryf deur ’n Perkins-enjin. Ek het grootgeword met trekkers wat Perkins enjins gebruik, en die reputasie van hierdie enjins as kanniedood-masjiene, het my besluit net nog verder vergemaklik,” sê hy.
Brandstofverbruik is belangrik
Weens die groot afstande wat Du Plessis se vragmotors moet aflê, kom brandstofverbruik ook ter sprake en hiér bewys die Foton homself wee reens as ’n uitstekende keuse. “Ons het al voorraad van Johannesburg af gaan haal met die nuwe vragmotors en die brandstoverbruik teenoor kraglewering is net fantasties. Die Foton ding baie goed mee wat betref sy brandstofverbruik,” sê hy.
Du Plessis meen dat, op grond van die uitstekende diens en werksverrigting wat hy al van sy Foton-vragmotors beleef het, hy beslis die vragmotorreeks sal aanbeveel aan diegene wat opsoek is na ’n vragmotor vir vragte tussen een en vyf ton.
“ ’n Groot kwessie in die keuse van vragmotors lê daarin dat Foton ’n Chinese produk is. Ek kan egter sonder twyfel sê dat die Foton-reeks vragmotors deur en deur die moeite werd is. Die vragmotors is goed afgewerk en met my meganiese kennis, wat ek oor die jare opgedoen het, kan ek sien dat die vragmotors van hoë gehalte is,” sê hy.
Het werkesel nodig gehad
Mnr. Preggy Rajah, eienaar van Woodchip Timber and Board in Lenasia ken die werkhoutbedryf. Die maatskappy vervaardig bed-bassisse en verwante produkte. “Ons lewer ons produkte aan verskeie van die groot handelswinkels, en ons vragmotor word ten minste drie maal per dag met ’n vol vrag bed-bassise en palette uitgestuur. Ons het dus ’n werkesel nodig wat nie net die vragte met gemak kan hanteer nie, maar wat ook brandstof ekonomies kan gebruik,” sê Rajah.
Hy sê dat hy verskeie opsies oorweeg het toe Woodchip Timber and Board ’n nuwe vragmotor moes aankoop. “Foton se BJ1049, ’n drie-ton vragmotor, het my die meeste beïndruk. Eerstens bied die vragmotor ons presies dieselfde luukshede en toebehore as sy mededingers, maar die prys van die vragmotor is uitstekend.
"Toe ek die prys van die Foton met vragmotors in dieselfde klas vergelyk, was dit vir my duidelik dat daar hier waarde vir geld lê. Boonop is die vragmotor nie met onnodige tierlantyntjies toegerus nie en sy werksverrigting is van uitstekende gehalte,” verduidelik Rajah.
“Omdat ons besigheid in hout lê en nie in bakstene of ander swaar werk nie, het ek ’n ligter vragmotor nodig gehad wat lang afstande met gemak kon aflê. Die Foton bied aan my besigheid hierdie voordeel en nog vele meer. Die vragmotor het byvoorbeeld, sedert ons dit aangekoop het sowat ’n jaar gelede, nog nie ’n dag se tëespoed gegee nie.
"Ons hou by ons diensplan en dit is al wat nodig is om die Foton-vragmotor se wiele aan die rol te hou. Nog ’n feit van die vragmotor wat my beïndruk, is die manier waarop die vragmotor sy toestand handhaaf. Na ’n jaar lyk hy byna soos wat hy gelyk het die dag toe ons die vragmotor aangekoop het. Voeg daarby dat die vragmotor se brandstofverbruik van die beste is wat ek nog gesien het. Ek kan sonder enige twyfel die Foton BJ1049 aanbeveel as een van die beste vragmotors in sy klas,” sê Rajah.