GWM se nuwe Steed 5 2.2 Workhorse-enkelkajuitbakkie spog met dieselfde aantreklike voorkoms as die luukser bakkies in die Steed 5-reeks. Maar moenie dink dat mooier “sagter” beteken nie: Jy kan steeds dié werkesel inspan vir swaar vragte op die plaas of vir enige werkuitdaging wat die dorp of stad aan hom stel.
Verder bied die nuwe 4x2 Steed 5 2.2 Workhorse-enkelkajuit, net soos sy voorganger, die Steed Workhorse-bakkie, jou uitmuntende waarde vir geld teen net R124 990. Die prys sluit BTW en emissive-belasting in.
Laai dit agterop en laat waai
Die nuwe Steed 5 2.2 Workhorse-enkelkajuit het bo en behalwe sy moderner ontwerp en kragstuur ook lugreëling om jou dagtake in warm of koue toestande te vergemaklik. Maar dis hier waar die luukses eindig – hierdie bakkie is bedoel vir hard werk en swaar vragte kafdraf.
Die Steed 5 2.2 Workhorse-enkelkajuit word aangedryf deur GWM se viersilinder- 491QE-petrolenjin van 2,2 liter, wat 78kW by 4 600 r/min. en wringkrag van 190 N.m tussen 2 400 r/min. en 2 800 r/min. lewer. Selfs met ’n vol vrag op die bak sal jy ’n maksimum- snelheid van 130 km/h kan haal.
Gemoedsrus
Elke GWM Steed 5 2.2 Workhorse-enkelkajuitbakkie kom met ’n waarborg van drie jaar of 00 000 km en twee jaar se 24-uurpadbystand. Jy het dus volkome gemoedsrus.
Onthou dat GWM 71 handelaars oor die hele land hetomte verseker dat jy nooit sonder bystand hoef te wees nie. Besoek gerus jou naaste GWM-handelaar vandag om uit te vind waarom die Steed 5 2.2 Workhorse-enkelkajuitbakkie (in sy nuwe, sportiewer gedaante) die ideale werkbakkie vir boere is.
Onthou, daar is ook ’n tweewielaangedrewe GWM Steed 5 2.2 Workhorse-dubbelkajuitbakkie. Hy kos ’n baie beskeie, bekostigbare R149 990.
Om in landbouwiele te adverteer, kontak:
Stanton Porter Marketing, tel. 012 654 2745 faks 012 654 0114 of e-pos sharon@stanport.co.za
Redaksionele navrae:
Teddy Knoetze, sel 082 456 3454.