|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Ai, die eierdanse wat motorvervaardigers moet uitvoer! In Engeland is ’n TV-advertensie vir die Citroën DS4 – ’n fraai Franse waentjie – pas verbied omdat dit ’n fotosensitiewe epileptiese aanval kan veroorsaak.
Die advertensie, wat op Sky, Watch, ITV, Quest en UK Gold verskyn het, toon snelbewegende tonele waarop die word “YES” in verskeie vorms op die skerm geflits word.
Ten minste een kyker het ’n epileptiese aanval gekry, terwyl nog tien ander gekla het dat hulle die simptome van ’n aanval ondervind het. Dis natuurlik lank reeds bekend dat flitsende ligspelings of beelde ’n epileptiese aanval kan veroorsaak.
Dit is hoekom mense so dikwels op veral Sky News gewaarsku word dat ’n toneel wat hulle gaan vertoon, flitsfotografie bevat.
* Moet nie na die video kyk indien u fotosensitief is of al 'n epileptiese aanval gehad het nie.
9 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Uhm. Verskoon tog. Is meeste van julle bietjie stadig? Die advertensie gaan JUIS oor die feit dat die grootste deel van die bevolking ja-broers is wat nie vir huleself dink nie en dat die persoon wat dié produk gebruik (Citroën) sy eie denke volg en nie hoofstroom denke nie. Dit het niks met geloof of vryemesselary of die Bulls se pienk truie te maak nie.
As jy dit stadig kyk, dan staan daar: Can you work on Sun(day)
Sir. Can you go shopping with me? Of course. I am a yes man.
Dit is direk gemik op die Christene,(die skapies). Ek sou mense afraai om hierna te kyk. Hulle flits beelde so vinnig, dat jy nie weet wat in jou brein ingaan nie, en die motief agter die ding is van die bose.
@Ra Amon Khan wraggies sien ek dit ook nou! @Citroen Ga ek sal nie weer een van julle motors koop nie!! Lyk julle ondersteun free masonry en die one world order en dat almal gechip moet word ens. Dis die dat die frekwensie presies reg is om 'n aanval te "trigger", sodat daar meer medisyne verkoop kan word om mense soos skapies te maak wat glo dat hulle van medikasie afhanklik is. Sies vir julle! Hoop die mense wat aanvalle gekry het agv die advertensie is ok!
..en PORN op die TV is maar ..OK ?
...niemand sê n "woord" oor die Vrymesselaar "simboliek"in die advertensie nie...
....YES YES YES YES YES ..vir n "NEW WORLD ORDER"..
Dit is die grootste lot snert wat ek nog gehoor het en dit komende van `n sogenaamde eerste wêreld land.
Maar nouja alle psigiaters het `n klap van die windmeul weg
Jinne mense julle is darem onsensetief, sê noudit is 'n kind of oumens wat alleen by die huis is en nie gehelp kan word met so 'n aamval nie, sê nou dit is een van jou familie wat dood gaan, en jy kry die nuus. A nee A dit is baie baie lelik hoor,
ag nee wat dit is nie erg nie. miskien wil die pasiente net bitter graag die motortjie he - daarom dan die aanvalle.
'n Gewone TV beeld is ook 'n series van flitsende lig - die frekwensie is net baie vinnig. Hoe moet die vervaardigers van hierdie advertensie dan weet watter frekwensie sulke aanvalle kan veroorsaak? Weet die mediese wetenskap? In elk geval as jy aanvalle kry, drink maar jou medisyne..
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)