|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Hy’s hier – GWM se bekostigbare H5-sportnutsvoertuig in ’n dieselweergawe. En ons praat nie van sommer enige dieselenjin nie.
O nee, Great Wall Motors het die 4D20-dieselenjin onder die enjinkap self ontwerp en ontwikkel, en vervaardig dit ook self. Die GWM H5 het sedert sy bekendstelling vroeër vanjaar vir hom ’n wye aanhang verseker.
Hoe kan dit ook anders as ’n mens sy mededingende prys, aantreklike ontwerp en gerieflike en aangename bestuurservaring in ag neem? Van grondpad tot lang pad, die GWM H5 2.0 VGT Diesel 4x2 of 4x4 (ook in ’n outomatiese weergawe verkrygbaar) maak dit vir Suid- Afrikaners makliker om die leefstyl van hul keuse te volg.
Bobaas-enjin
Die 2.0 L 4D20-enjin, ’n viersilinder-turbodieseleenheid, word deur GWM self vervaardig en is reeds aangewys as een van China se top-10 enjins in die Chinese Hearts-toekennings verlede jaar. Die nuwe dieselenjin, wat aansienlik stiller as sy voorgangers is, ontwikkel 110 kW by 4 000 r/min. en ’n maksimum-wringkrag van 310 N.m tussen 1 800 r/min. en 2 400 r/min.
Dus, of jy die lang pad, slegte grondpaaie of die bos aandurf, daar is altyd meer as genoeg krag beskikbaar. ’n Netjiese, aantreklike ontwerp is belangrik en GWM se vyfdeur-H5-diesel hoef vir geeneen van sy mededingers terug te staan nie.
Buite is hy pure dinamiese avonturier. Binne bied die H5 2.0 VGT Diesel die gerief, ruimte en al die eienskappe wat ’n mens in ’n deftige sportnutsvoertuig verwag. Daar is ’n sentrale instrumentepaneel met ’n radio, CD-, DVD-, en MP3-speler met satellietkontroles aan die stuurwiel.
Elke rit 'n plesier
Kragstuur, elektriese ruit- en kantspieëlverstelling, outomatiese ligte, outomatiese ruitveërs met reënsensors, lugversorging met stuifmeelfilters en ’n trukamera maak elke rit een groot plesier.
En asof dit nie genoeg is nie, het die bestuurder se sitplek elektriese verstelling. GWM se ingenieurs het veiligheid ook nie afgeskeep nie. Twee lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier, ABS met elektroniese remkragverspreiding en ISOFIX- ankerpunte vir kleuterstoeltjies verseker gemoedsrus.
Vir verdere gemoedsrus kom elke H5-diesel met ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en 24 uur-padbystand vir twee jaar. Of jy die plaas wil platry, die kinders karwei of planne maak vir die volgende wegbreeknaweek, GWM se H52.0 VGT Diesel is ’n ideale keuse. Goeie gehalte hoef nie ’n plaas se prys te kos nie.
PRYSE:
H52.0VGT 4x2 (handrat) R239 990
H52.0VGT 4x4 (handrat) R259 990
H52.0VGT 4x2 (outomaties) R254990
H52.0VGT 4x4 (outomaties) R274 990
(Pryse sluit BTW en emissiebelasting in.)
Om in landbouwiele te adverteer, kontak:
Stanton Porter Marketing, tel. 012 654 2745 faks 012 654 0114 of e-pos sharon@stanport.co.za
Redaksionele navrae:
Teddy Knoetze, sel 082 456 3454.
14 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)