|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Mitsubishi Motors Suid-Afrika het pas sy toetrede tot een van die snelgroeiendste passasiersmotorsegmente in die land gemaak met die bekendstelling van die ASX (Active Sporty Crossover), ’n kompakte sportnutsvoertuig.
Daar is drie modelle, almal met tweewielaandrywing. Krag kom van ’n tweeliter-petrolenjin wat gebruik maak van ’n unieke wisselkleptydreëlingstelsel. Die enjin ontwikkel 110 kW by 6 000 r/min. en 197 N.m wringkrag by 4 200 r/min.
Ekonomiese enjin
Die enjin is besonder ekonomies, met ’n verbruik van ’n uitstekende 7,5 liter/100 km. Twee van die modelle is toegerus met ’n vyfganghandratkas, terwyl die vlagskip van die reeks spog met ’n sesgang-palwisselratkas (CVT).
Die kajuit is nie net aantreklik nie, maar ook besonder prakties, met ’n middelkonsole wat ’n syferhorlosie, die klankstelsel en die outomatiese lugversorger huisves. Daar is standaardtoerusting in oorvloed.
Selfs die basismodel spog met luukse-eienskappe, soos trury-afstandbeheer, leerstuurwiel met kontroles vir die klankstelsel en verhitte sitplekke. Dis nou afgesien van toerusting wat normaalweg in hierdie soort voertuig verwag word, soos elektriese ruit- en kantspieëlverstelling, lugversorging en 16 duimallooiwiele (insluitende die noodwiel).
Weelderig
Die duurder modelle spog ook met leersitplekke, 17 duim-allooiwiele, ’n enorme sondak wat bo-oor die agterste insittendes na agter strek, reëngevoelige ruitveërs, verhitte kantspieëls, volle klimaatbeheer-lugversorging en sleutellose toegang met ’n aan/afskakelknop vir die enjin.
Die CVT-model is selfs nog weelderiger met onder meer ’n gesofistikeerde Rockford Fosgate-klankstelsel. Veiligheid is ook nie afgeskeep nie. Die ASX het ’n vyfsteraanslag in die Euro NCAP-botstoetsprogram en al die modelle het sewe lugsakke (bestuurder, voorste passasier, kant, kantgordyn en knie).
Die ASX word gedek deur ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en die pryse sluit ook ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km in.
Om in landbouwiele te adverteer, kontak:
Stanton Porter Marketing, tel. 012 654 2745 faks 012 654 0114 of e-pos sharon@stanport.co.za
Redaksionele navrae:
Teddy Knoetze, sel 082 456 3454.
24 Oktober 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)