Deur ANDRIES GROENEWALD
30 Julie 2012

1986 keer gelees | 7 kommentaar

Met die ontwerp van die CB Workmax 800D is gelet op praktiese aspekte en harde werk, eerder as op tierlantyntjies.


Greenfields Agricultural Holdings van Mooiriver in KwaZulu-Natal het onlangs Suid-Afrika se alleeninvoerder en -verspreider van die JCB Workmax 800D-nutsvoertuig geword.

Die nuweling is deur JCB in Brittanje ontwerp, ’n Japanse enjin word ingespan en dit word in China vervaardig. Dit is ’n kompakte, vierwielaangedrewe nutsvoertuig met sitplek vir twee mense en ’n netjiese, klein wip-laaibak agter.

Mnr. James Smart, hoof uitvoerende beampte van Greenfields Agricultural Holdings, sê die 800D bied ’n logiese keuse vir ’n boer wat ’n vierwiel-motorfiets of ander nutsvoertuig wil aanskaf. Dit is ’n veeldoel-voertuig en met sy vierwiel-trekvermoë kan dit maklik die werk van ’n kleiner bakkie of selfs ’n ligte trekker en sleepwa doen.

Die Japanse Yanmar-dieselenjin verplaas 800 cm3 en dit spog met 14,9 kW drywing en 45 N.m wringkrag. Krag word met ’n kevlar-dryfband na die palwisselratkas en dan na die wiele verplaas. Die ratkeuses is hoog, laag, tru of ontkoppel en die ewenaarsper en die 4x4-stelsel word elektronies op die instrumentepaneel ingeskakel.

Kompakte ontwerp
’n Stewige skutplaat is aan die onderkant vasgebout en beskerm kwesbare dinge, soos die enjin se oliebak, ratkas en dryfasse.

Die voorste veerstelsel is onafhanklik met dubbele mikke en progressiewe kronkelvere, terwyl laasgenoemde ook by die agterste veerstelsel ingespan word. En wanneer dinge effe vinnig begin gaan, is daar vier skyf­remme en ’n onafhanklike remskyf wat as deel van ’n meganiese noodrem diens doen.

Die 800D het ’n kompakte ontwerp met ’n stewige voorkoms met die vier wiele op die hoeke van die voertuig geplaas. Terloops, laasgenoemde is nuttig met groot aantree- en verlaathoeke.

Dit is 2,8 m lank, 1,5 m breed en 2 m hoog. Die asafstand is 1,9 m en die voor- en agterwiele is onderskeidelik ’n raps meer en ’n raps minder as 1,2 m uitmekaar geplaas. Die grondvryhoogte van 265 mm tel sommer baie pluspunte wanneer die 800D in die veld gebruik word.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Graham

2012/07/31 08:40:28 AM

Dit lyk goed,maar nerens word n prys aangedui op die voertuig


Elardus Engelbrecht

2012/07/31 11:15:11 AM

Nie 'n slegte boere-ferrari nie! ;-D Hoeveel kos hy? Hoe groot is die brandstoftenk? Kan jy 'n kleinerige sleepwa aanhak?


Des

2012/07/31 04:34:31 PM

Kawasaki Mule is ook baie goed,twee of vier sitplekke.Gebruik dit geruime tyd al in myn bedryf.


Danie

2012/07/31 06:22:38 PM

Ek dink hulle is so R124,000 sonder BTW


WILLIE

2012/08/01 01:14:57 AM

Net die regte ryding vir die land se dikgat geregsdienaars!!!!!!!Om te dink,dan is daar 2 per voertuig!!!!Een bestuur en werk met die kontroles en die ander ongemaklik dikke sit agter op die bak.Dis makliker en gouer om uit te klim en minder voertuie sal afgeskryf word.Hulle kan ook deur die gate en veld ry sonder om uit te klim en n taxi te "haal"


nantie

2012/08/14 07:54:02 PM

121000 sonder btw bradstoftenk 30L kan 400 kg agter oplaai en sleepwa haak met 500kg op


hennie

2013/02/19 04:05:36 PM

Word weer deur ore gewerk hier in USA kos die goed helfte minder. Wil jy my se dat invoer belasting so baie is????

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights