Deur LIEZL VERCUEIL
1 September 2009

2256 keer gelees | 0 kommentaar

Nederland is een van die vernaamste uitvoerbestemmings vir Suid-Afrikaanse wyn, maar Wosa meen daar is nog baie geleenthede in dié mark.


Suid-Afrikaanse wyn is goed gevestig in Nederland en Wyn Suid-Afrika (Wosa) wil met sy nuwe bemarkingstrategie op dié sukses voortbou. Dié organisasie beoog om Suid-Afrikaanse ikoon- en landgoedwyne in die kollig te plaas.

“Tans word Suid-Afrika te sterk in die mark vir onder €2 verteenwoordig, en hoewel dit in die Nederlandse mark vir €5 tot €8 goed vaar, het die land nog nie sy volle potensiaal in die middelprysmark ten volle verwesenlik nie. Hier bestaan nog steeds baie geleenthede wat plaaslike produsente kan benut,” sê me. Su Birch, Wosa se uitvoerende hoof.

Dié bemarkingsprogram vloei uit navorsing wat deur mnr. Cees van Casteern, wynadviseur, namens Wosa, en mnr. Arend Heijbroek , landbousakespesialis van Rabobank Internasionaal, gedoen is. Volgens hul verslag is Suid-Afrika die grootste Nuwe Wêreldse wynverteenwoordiger in Nederland en word slegs deur Frankryk geklop.

Suid-Afrika se uiteenlopende wynproduserende gebiede, wynstyle en kulture sal deur die “Verskeidenheid is in ons natuur”-veldtog beklemtoon word. Die volhoubaarheid en bewaringselemente van die plaaslike bedryf sal ook aandag geniet. Die veldtog word deur me. Annette Badenhorst gelei.

1 September 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights