|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die TLU SA meen die 2009/'10-begroting is nie landbou-vriendelik nie, maar is nie bekommerd oor die vermindering van fondse aan die Departement van Grondsake nie. "Die enkele persent laer toekenning aan die Departement van Landbou is kommerwekkend," sê mnr. Ben Marais, voorsitter.
Die bykomende 41,5 sent-heffing op diesel sal 'n noemenswaardige impak op die landboubedryf hê en kan, in geval van groot stygings van brandstofpryse soos enkele maande gelede, bydra tot hoër inflasie en kospryse, sê Marais in 'n mediaverklaring. Hy is ook teleurgestel dat "die verlaging van persoonlike inkomstebelasting nie deurgetrek is na maatskappye nie."
"Die meeste boere moet juis uit ekonomiese oorwegings hulle boerdery in een of ander maatskappyvorm omskep, wat beteken dat hulle nou geen belastingvoordeel sal ontvang nie, maar wel steeds die verhoogde brandstofheffings moet betaal. Dit kan daartoe lei dat boerderybedrywe sal moet afskaal, personeel verminder, of selfs heeltemal moet toemaak, met nog meer gepaardgaande werksverliese."
13 Februarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24