|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die Regering het streng beheermaatreëls ingestel om te keer dat bek-en-klou-seer verder die provinsie Limpopo versprei. Dié siekte is verlede maand onder vee suid van die Letabarivier in Mopani opgespoor.
Volgens mnr. Steve Galane, woordvoerder van die Departement van Landbou, is nóg gevalle van bek-en-klou-seer tydens 'n intensiewe opname in die hele distrik Mopani opgespoor. Die uitbreking is nog beperk tot die beheergebied vir bek-en-klou-seer in die noorde en het geen uitwerking op die uitvoer van diere en diereprodukte in ander dele van die land nie.
Galane sê die gebied wat geraak word en die gebied onder waarneming wat aan die Nasionale Krugerwildtuin grens (25 km²) is as 'n kwarantyngebied verklaar.
Hy het bygevoeg alle grootvee in dié sone word gereeld geïnspekteer en daar is 'n verbod geplaas op die beweging van diere met gesplete hoewe en hul produkte in en na buite die gebied.
Daar is onmiddellik begin met die inenting van vee nadat die Onderstepoort-Instituut vir Veeartsenykunde (OVI) bevestig het dat dit wel bek-en-klou-seer was.
" 'n Bykomende beheergebied van tot 30 km om die kwarantyngebied is geskep vir bykomende beskerming teen die siekte. Beweging van diere met gesplete hoewe en hul produkte is ook hier verbied," het Galane gesê.
Voorts is personeel van ander provinsies in die gebied saamgetrek om met die bestrydingsmaatreëls te help.
Intussen het mnr. Dirk du Toit, Adjunkminister van Landbou en Grondsake, 'n beroep op jagters in die beheerde gebied gedoen om nie die vleis van hul wild uit te bring nie. Dit sal by die padblokkades afgeneem word, het hy gewaarsku.
30 Julie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24