|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Prof. Theunis Stephanus Kellerman, wêreldbekende kenner van diere-toksikologie, het 'n eredoktorsgraad in veeartsenykunde van die Universiteit van Pretoria ontvang.
Prof. Kellerman het sy BVSc-graad aan dié universiteit verwerf en was geruime tyd in Zimbabwe by veeartsenydienste betrokke voordat hy later by die LNR-Onderstepoort Instituut vir Veeartsenykunde betrokke geraak het.
Kellerman is die senior outeur van die standaard verwysingsboek oor plantvergiftigings en mikotoksikoses van lewende hawe in Suider-Afrika, wat as handboeke by universiteite en deur dierkundiges en navorsers wêreldwyd gebruik word.
2 Desember 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24