|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Daar is ander maniere om swart bemagtiging in die landbou (AgriSEB) te bewerkstellig as eienaarskap van grond. Ontrassig eerder die ekonomie deur vennootskappe te ontwikkel waar almal voordele kry, sê prof. Willie Esterhuyse.
Hy was die gasspreker op 'n AgriSEB-seminaar van PricewaterhouseCoopers (PwC) verlede week in Pretoria.
Mnr. Frans van Wyk van PwC sê daar is oral bereidwilligheid vir AgriSEB, maar "die mate van risiko, tyd en finansiering wat die kommersiële aandeelhouer dra, word nie weerspieël in die punte wat op die voorgestelde telkaart verdien kan word nie."
"Niemand kan eienaarskap vir vyf punte weggee nie."
Hy sê boere moet geleenthede elders op die telkaart benut om punte te verdien.
Hy maan egter dat projekte goed deurdink moet word. "Dit moet prakties wees, bydra tot wins en die regte mense betrek wat bereid is om die risiko te deel."
Met die sterk klem op die oordrag van vaardighede kan boere gesamentlik opleiding verskaf en punte daarmee verdien.
Waar landbou-ondernemings SEB-projekte met sukses aangepak het, is:
Van Wyk sê daar is genoeg bewys dat boere bereid is om van AgriSEB 'n sukses te maak, maar burokratiese gesloer en gebrek aan geld laat projekte skipbreuk ly.
"Sommige produsente verskaf selfs die oorbruggingskapitaal vir die koop van landbougrond. Hoewel daar op politieke vlak samewerking is, val dit plat op die volgende vlak weens 'n gebrek aan kundigheid en vermoë."
Hy sê egter om terug te sit oor SEB is 'n groter risiko as om met 'n plan vorendag te kom.
2 Desember 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24