|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Didiza oor bewaringsgrond
Riglyne met die afhandeling van grondeise op beskermde gebiede verseker dat dié betrokke grond steeds gebruik sal word vir bio-diversiteit en bewaring.
Dit was die skriftelike antwoord van me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, op 'n vraag van mnr. Maans Nel van die Demokratiese Alliansie oor die Regering se benadering in dié verband.
Hy wou veral weet of die Regering al ondersoek ingestel oor die impak van restitusie op grond wat vir bewaring gebruik word.
Didiza het verduidelik dat in die geval van natuur- of private reservate asook gebiede in die Krugerwildtuin wat geëis word, haar departement riglyne in oorleg met ander regeringsdepartemente ontwikkel het om die saak te hanteer.
"Dié riglyne weerspieël 'n posisie wat die balans tussen die grondwetlike regte vir die omgewing asook restitusie handhaaf," het sy gesê.
12 Mei 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24