|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Mnr. David Crookes van Mpumalanga is as die Melkprodusente-organisasie se Noordelike Streek (MPO-Noord) se Boer van die Jaar aangewys.
Crookes, van die plaas Copperleigh Holsteins by Platrand (tussen Standerton en Volksrust), het 'n geregistreerde Holstein-kudde wat in 2003/04 10 468 kg melk gelewer het. Sy kudde het 'n tussenkalfperiode van 392 dae. In 1999 het hy vir die eerste keer vir die Transvaal se Meestersuiwelboer-kompetisie in aanmerking gekom en sedertdien elke jaar. Crookes het 'n sterk fokus op teelmateriaal. Hy boer saam met sy vrou, Alvera.
Die kompetisie word deur Afgri Veevoere geborg. Volgens dr. Heinri Spangenberg, tegniese direkteur by die maatskappy, speel tegnologie 'n belangrike rol in die beste gehalte veevoer vir 'n melkboer. Hy sê sowat R75 miljoen word per jaar aan navorsing vir suiwel alleen bestee.
Volgens mnr. Pierre Joubert, ondervoorsitter van die MPO-Noord, was kalfgrootmaak-programme vanjaar 'n uitstaande kenmerk van inskrywings in die kompetisie en dus 'n belangrike element van die boerdery. Hy sê waar kundiges gebruik word in die boerdery, is die resultaat duidelik sigbaar.
7 Oktober 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24