|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Melkboere van 76 lande moet vandag uithaal en wys wanneer hul produkte by die Bellville-burgersentrum beoordeel word as deel van die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskap. Daar is vanjaar 770 kaasinskrywings wat deur mnr. Kobus Mulder, internasionale kaasbeoordelaar en Agri Expo se suiwelbestuurder, en 'n span van 35 beoordelaars bekyk word.
"Ons sien vanjaar 'n buitengewone toename in die aantal inskrywings van bokmelkkaaas. Daar is 70 inskrywings in dié kategorie teenoor die 14 van 2006," sê hy. Die produkte word in vyf afdelings beoordeel: Kaas, botter, jogurt, roomys en suurmelk.
"Die gehalte van kaas in Suid-Afrika het in die afgelope twee jaar dramaties verbeter en vervaardigers bied die verbruiker nou 'n wyer verskeidenheid. Ons plaaslike jogurt is nou op wêreldstandaard." Die wenners sal op 'n dinee op 22 April in Stellenbosch bekend gemaak word en kaasliefhebbers sal Suid-Afrika se beste suiwelprodukte by die SA Kaasfees van 24 tot 27 April kan geniet.
Bel mnr. Kobus Mulder by tel. 021 975 4440 of besoek www.cheesesa.co.za en www.cheesefestival.co.za vir meer inligting.
2 April 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24