Bewaringslandbou: Uitstallers welkom

Deur Amelia Genis
2 Mei 2014
Sake-ondernemings kan bespreek om uit te stal by Bewaringslandbou Wes-Kaap se simposium in Augustus.

Besighede wat werktuie of middels vir grondverbetering verkoop, kan bespreek om uit te stal by Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK) se jaarlikse simposium in Augustus.

Dr. Johann Strauss, wetenskaplike by die direktoraat Plantwetenskappe van die Wes-Kaapse departement van landbou, sê die ekspo wat saam met die simposium op Donderdag, 7 Augustus, gehou word, sal aan verskaffers die geleentheid bied om hul produkte ten toon te stel. Uitstalruimte kan buite of in ‘n markiestent bespreek word.

Vanjaar word die simposium in samewerking met die biodinamiese landbouvereniging van Suid-Afrika aangebied.

Sakelui wat belangstel om by die bewarinsboerdery-ekspo uit te stal, kan mnr. Willie Pretorius van Soil Health Solutions by e-pos willie@soilhealthsolutions.com of 083 458 9854 kontak.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.