Plant verorber nikkel

Deur Adele Engelbrecht
4 Desember 2014
Ja, iewers is daar ’n plant wat metaal verorber.

Die plant Rinorea niccolifera is luidens Time.com onlangs in die Filippyne ontdek en is deel van sowat 300 000 plante wat metaal deur hul wortelstelsels kan opgaar. R. niccolifera het ’n smaak vir nikkel, soos sy naam aandui.

Sy eetlus kan blykbaar nie bevredig word nie. Hy kan 18.000 dele nikkel per miljoen absorbeer – 1 000 maal meer as wat ander soortgelyke plante kan “verslind”. Die plant kan eintlik goed in die natuur aangewend word: As dit op die regte plant geplant is, kan dit metale uit besoedelde grond verwyder.

Bron:
Time.com

 

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.