|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die direksie van BKB Bpk. het op 'n spesiale vergadering verlede week in Port Elizabeth eenparig besluit om met GrainCo (Edms.) Bpk. saam te smelt.
Dit volg nadat BKB vroeër vanjaar 'n belang in BKBGrainCo bekom het wat onder meer die opberging, hantering en gesamentlike bestuur van graan behels het.
Luidens 'n kort verklaring wat ná BKB se direksievergadering uitgereik is, sal die sinergieë van die gekombineerde maatskappy 'n reeks nuwe geleenthede in die graanbedryf bied. "Die transaksie stel die gekombineerde maatskappy in staat om die totale graanbedryf te betree en waardetoevoeging vir klante te verseker," lui die verklaring.
Hoewel geen bedrag vermeld word nie, behels die transaksie deels 'n kontantbetaling asook nuwe BKB-aandele wat uitgereik sal word. Die maatskappy sal saamsmelt sodra die noulettendheidsondersoek afgehandel is en nuwe diensvoorwaardes met die topbestuur van GrainCo beding is.
Landbouweekblad, 5 Januarie 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24