|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Ondanks moeilike bedryfstoestande en grootskaalse herstrukturering, het die BKB-groep die afgelope boekjaar 'n wins, voor belasting, van R4,436 miljoen getoon. Dit is net R1 000 meer as verlede jaar.
Die maatskappy het egter in 2003 'n rabat van R8,6 miljoen aan sy ondersteuners uitbetaal, terwyl geen terugbetaling vanjaar gemaak gaan word nie.
Vanjaar se syfer sluit 'n wins van R800 000 met die verkoop van eiendom in. Skeidingspakette ter waarde van R1,3 miljoen is ook aan werknemers uitbetaal.
Die waarde van sake gedoen het met R208 miljoen (-13,29 %) tot R1 357 miljard teruggesak. Volgens mnr. Chris Louw, voorsitter van BKB, kan dit hoofsaaklik aan die laer wolpryse toegeskryf word.
Ondanks skerp mededinging, kon BKB daarin slaag om die volume wol wat hy hanteer met 7,9 % te verhoog tot 30,15 miljoen kg. In die geval van bokhaar het BKB altesame 1,047 miljoen kg gehanteer 'n styging van 45 %. Dit is hoofsaaklik te danke aan die toename in sybokhaar uit Lesotho wat deur BKB gekanaliseer is. Die waarde van bokhaar wat deur die maatskappy gehanteer is, het met meer as R10 miljoen (42 %) tot R36,5 miljoen gestyg. Die omset in sy handelsafdeling het ook met 6 % tot R291 miljoen verbeter.
Volgens Louw was daar 'n styging van 10 % in veebemarking en het die omset net meer as R263 miljoen beloop. Die huurinkomste het die afgelope vyf jaar deurlopend toegeneem en het vanjaar R12,6 miljoen opgelewer . Dit is sowat R4,7 miljoen meer as in 2000. BKB het die afgelope jaar meer as 4,5 miljoen skape geskeer wat 'n inkomste van R4,9 miljoen opgelewer het.
Louw sê hoewel geen rabat vanjaar uitbetaal gaan word nie, is sy direksie daartoe verbind om die winsgewendheid van BKB te verbeter. Wesentlike besparingmaatreëls is reeds in werking gestel en daar sal voortgegaan word om aandag aan nie-winsgewende aspekte te gee.
"Die afgelope boekjaar is gekenmerk deur wesentlike veranderinge by BKB. Die direksie is eenparig dat die swak winsgeskiedenis en kontak met produsente en klante fundamentele gebreke was, waaraan daadwerklik aandag gegee word," sê Louw.
22 Oktober 2004
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24