|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
'n Kagiso-filiaal, Kagiso Enterprises Rural Private Equity Fund, het pas 'n aandeel van 4% in die suksesvolle voedselmaatskappy Country Foods bekom.
Hierdie aankondiging kom op die hakke van die bekendmaking van Country Foods se jaarsyfers waarvolgens sy inkomste met 327% tot R171 miljoen gestyg het. Die maatskappy spesialiseer in die kweek, verwerking en verpakking van sampioene en die vervaardiging van vrugtesappe en gebottelde water.
Kagiso en Country Foods het reeds lank 'n verbintenis en Kagiso het 30% aandele in Midlands Mushroom Farms gehad. Hierdie aandeelhouding is nou in aandeelhouding in Country Foods omgeskep. Werkers van die sampioenplase word terselfdertyd gefinansier om 20% aandele in die plaas te verkry.
Die transaksie word met die verkoop van 5,5 miljoen aandele van R1 elk aan Kagiso gedoen, terwyl Kagiso self nóg 7,5 miljoen aandele teen heersende pryse op die ope mark gaan koop om sy aandeelhouding op 10% te staan te bring.
18 Desember 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24