Boer in kinderarbeid-saak

 

'n Boer van Leslie, Mpumalanga, word daarvan beskuldig dat hy kinderarbeid op sy plaas gebruik, berig Beeld. Volgens die Suid-Afrikaanse polisiediens het die boer glo vier minderjariges sedert die Maart-skoolvakansie op sy plaas laat werk.

Die boer gebruik al vir 20 jaar seisoenale werkers van Mafikeng en hou vol dat geen kinders met sy medewete op sy plaas werk nie.

"Ek bel altyd die voorman in Mafikeng en sê ek soek so 60 arbeiders. Dan stuur ek 'n vragmotor om hulle te gaan haal. Ek stuur ook 'n brief saam wat sê ek wil wettige arbeiders hê. Niemand van hulle het enige bewyse van hul ouderdom by hulle gehad nie."

Lees die volledige berig hier: Beeld

4 Junie 2008

0