Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boere-gefrustreerd-oor-grondhervorming

Nuus

Landbou sal homself moet finansier

Private fondse uit eie bodem sal waarskynlik gebruik moet word om die toekoms van die landbou te finansier.

  • Eskom wil kragpryse opstoot
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Mis
  • Hoog:17 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:37
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:24 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere 'gefrustreerd' oor grondhervorming

 
JOHAN FOUCHÉ

Kommersiële boere in die Oos-Kaap voel hulle word uitgesluit van die proses van swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming en word almal oor dieselfde kam geskeer, het mnr. Jeff Every van die firma Agricultural Consulting Services in Port Elizabeth op die Portefeuljekomitee vir Landbou en Grondsake se sitting oor die pas van grondhervorming gesê.

Volgens hom spruit hierdie frustrasie onder meer uit swart mense se skynbaar ongunstige persepsie oor die landbou. Hy sê dit is moeilik om swart mense by beleggings in die landbou betrokke te kry. Ook die Regering verwag baie van die sektor ten opsigte van grondhervorming, maar beskou landbou volgens hom nie as 'n groot prioriteit nie.

Hy sê die Regering moet in pas te kom met die progressiewe boere van die land en op die goeie aspekte van die landbou konsentreer en dit aan mense op grondvlak en aan swart sake-ondernemings kommunikeer.

Verdere frustrasies is dat die Departement van Grondsake en finansiële instellings, insluitende Land Bank, se stelsels nie in lyn is met die kommersiële werklikhede nie. Every sê talle eiendomstransaksies het deur die mat geval omdat die verkoper nie langer vir die departement en Land Bank kon wag om finansiering beskikbaar te stel nie. Die banke is ook nie bereid om hul vereistes vir sekuriteit te verlaag nie, wat dit vir opkomende boere onmoontlik maak om finansiering te kry.

Die begroting van vir grondhervorming beskikbaar is, is ook heeltemal onvoldoende. Hy raam dat dit sowat R30 miljard sal kos om 30 % van die landbougrond te koop. Dit sluit nie ander kapitaaluitgawes en ondersteuningsdienste in nie.

Me. Nomkhita Mona, hoof uitvoerende beampte van die Inkezo Land Company, 'n artikel 21-maatskappy wat verlede jaar gestig is om grondhervorming in die suikerbedryf te versnel, het talle soortgelyke probleme uitgelig.

Dié bedryf wil teen die jaar 2014 sowat 110 000 hektaar suikerriet in swart besit hê. Sowat 78 000 hektaar moet nog oorgedra word.

Sy sê buiten vir finansieringsprobleme en te min geld in die grondsakebegroting, vertraag onnodige burokratiese prosesse in die departement en 'n gebrek aan koördinering tussen die departement, Land Bank en ander belanghebbendes die proses.

5 November 2004

0
 
 
  • 1812 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Stratford
  • Sleepy Hollow
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction