Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boere-het-rede-om-te-wonder

Nuus

Landbou sal homself moet finansier

Private fondse uit eie bodem sal waarskynlik gebruik moet word om die toekoms van die landbou te finansier.

  • Eskom wil kragpryse opstoot
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Mis
  • Hoog:17 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:37
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:24 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere het rede om te wonder

 
JOHAN COETSEE

Boere kan die taak om met innoverende planne vorendag te kom om nuwe toetreders tot die landbou geleenthede te bied nie ignoreer nie, want die behoefte aan grond durf nie weggepraat of geïgnoreer word nie. Daarom is die ewige retoriek oor buitensporige grondpryse en te min beskikbare grond 'n jammerte.

Mnr. Christof Cloete, voorsitter van Agri Wes-Kaap, het in sy voorsittersrede op die unie se jaarlikse kongres op Goudini ook gesê gemiddeld vier persent van Suid-Afrika se landbougrond kom elke jaar op die mark en die risiko bestaan dat die grondkwessie vir politieke gewin uitgebuit kan word.

Cloete het gesê die Minister van Landbou en Grondsake, me. Thoko Didiza, se benadering wek kommer, want enersyds is 'n geordende proses aan die gang oor riglyne vir grondhervorming en bemagtiging, en andersyds vind bykans ongestruktureerde grondberade onder haar toesig plaas waar die kommersiële landbou bykans uitgerangeer word.

"Ons het dus rede om te wonder presies wat die minister se agenda is. Ons kan net hoop dat die Regering hom sal hou by hofuitsprake," het Cloete gesê.

Hy is bekommerd oor naburige lande waar ernstige politieke onstabiliteit en wanorde heers, want Suid-Afrika bly deel van die kontinent. Ook die onstabiele partypolitieke klimaat van die Wes-Kaap is nadelig, want dit belemmer dienslewering op provinsiale en plaaslike vlak.

Eiendomsbelasting bly 'n haakplek en die Regering se ongevoeligheid jeens landbourampe bly onverstaanbaar ondanks baie vertoë daaroor. Rampe kan nie voorspel word nie en hy hoop die Wes-Kaapse premier en minister van landbou neem met erns kennis daarvan, het hy gesê.

Cloete meen pres. Mbeki, die Kabinet en provinsiale premiers gaan in die volgende jare 'n bepalende rol speel wat noodsaaklik is vir politieke stabiliteit, en elke boer moet daarmee rekening hou in sy langtermynbeplanning.

Ander sake wat rede tot kommer bied, is die onstabiele brandstofpryse en die feit dat die Regering klaarblyklik niks doen om dit te stabiliseer nie.

Voedselpryse bly ook styg. Dit is nie verstaanbaar in die lig van die krimpende inkomste van boere nie. Die fout lê volgens hom by die winkelgroepe, want hul besonder goeie finansiële resultate spreek boekdele.

Cloete het gesê die tyd is verby vir onderlinge verskille en strydende organisasies. Die werklikhede vra realistiese oplossings vir die volgende dekade, en daarom moet boere saamstaan en die "gewaffel" vir die politici los.

5 Augustus 2005

0
 
 
  • 1579 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 6 Augustus 2010
  • Zuma moet groot kwessies aanspreek
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction