Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boere-kap-minister-oor-lone

Nuus

Landbou sal homself moet finansier

Private fondse uit eie bodem sal waarskynlik gebruik moet word om die toekoms van die landbou te finansier.

  • Eskom wil kragpryse opstoot
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Mis
  • Hoog:17 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:37
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:24 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere kap minister oor lone

 
AINSLEY MOOS

Die Departement van Arbeid gaan wegdoen met sy tweevlakstelsel vir minimum lone vir plaaswerkers asook met die bepaling dat as 'n werker meer as 27 uur per week werk, die volle maandelikse loon betaal moet word.

Ondanks dié twee toegewings, styg die minimum loon vir plaaswerkers op 1 Maart met 4,67 % vir werkers in stedelike gebiede en 12,62 % vir werkers in landelike gebiede. Dié veranderings blyk die grootste te wees ná meer as 'n jaar van gesprekvoering tussen die departement en verteenwoordigers van werkgewers en werknemers.

Ingevolge die aanpassing styg die minimum loon van die huidige R949,58 per maand tot R994 per maand vir stedelike plaaswerkers. Op 1 Maart 2007 styg dit tot R1 041 en in 2008 tot R1 090 per maand. Plaaswerkers in landelike gebiede se loon neem toe van die huidige R785,79 per maand tot R885 per maand. Volgende jaar styg dié loon tot R989 en in 2008 tot R1 090 per maand.

Agri SA het verlede week te velde getrek teen die skerp stygings in die minimum loon en gesê afleggings sal volg. Mnr. Lourie Bosman, voorsitter, het die stygings as "ondeurdag en 'n baie groot terugslag vir die landbou" beskryf. "Ons gun ons werkers 'n leefbare loon en goeie lewensomstandighede, maar hierdie skerp verhoging in arbeidskoste — wat reeds landbou se grootste koste-item is — sal nie geabsorbeer kan word nie."

Die TLU SA het gesê hy sal sy lede aanraai om besluite te neem geskoei op die ekonomiese werklikhede. Mnr. Tinus Taute, bestuurder vir ekonomiese sake, het gesê die stygings in die minimum loon sal meebring dat boere indiensneming afskaal en meer meganiseer. "Ons betreur afleggings, maar dit is 'n ondeurdagte besluit van die minister," het Taute gesê.

Mnr. Membathisi Mdladlana, Minister van Arbeid, het gesê twee jaar tyd word gegee sodat alle plaaswerkers dieselfde loon kan verdien.

Die bepaling van 27 uur per week geld van 1 Maart af nie meer nie. Waar 'n werker tans 27 uur en minder per week werk, word hy per uur vergoed. Met meer as 27 uur per week gewerk, geld die volle maandelikse loon tans asof 45 uur per week gewerk is. Nou sal alle werkers betaal word volgens die hoeveelheid uur wat hulle per week werk.

Die kinkel in die kabel is egter dat boere wat tans die volle loon betaal vir werksure van minder as 45 uur nie hul stelsel eensydig kan verander nie omdat dit volgens Mdladlana kan neerkom op 'n onbillike arbeidspraktyk. Boere word aangemoedig om met hul werkers hieroor te onderhandel.

24 Februarie 2006

0
 
 
  • 1957 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bloktoetse en omrekenaar
  • Lande werk saam oor bek-en-klou
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction