|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
'n Groep besproeiingsboere van
KwaZulu-Natal sê hulle is op
die punt om die landboumaatskappy
VKB van Reitz te dagvaar
weens beweerde vermengde
koringsaad.
Saad vir besproeiing
wat hulle geplant het, was na
bewering met die droëland-kultivar
Elands vermeng.
Die 30 boere van Winterton,
Colenso, Bergville en Newcastle
beraam hulle het R30 miljoen
se verliese gely, sê hul regsverteenwoordiger,
mnr. Connie
Geldenhuys.
Die dispuut het sy oorsprong
ná 'n landwye tekort aan koringsaad
vir besproeiing in die
vorige planttyd.
Dit het VKB genoop om sy
eie produsente te probeer help
deur koring van die kultivar
SST835 tot saad te verwerk, het
mnr. Koos van Rensburg, hoofbestuurder,
by navraag aan
Landbouweekblad gesê.
Dit was
met die toestemming van Monsanto,
aan wie VKB tantieme vir
die verwerkte saad oorbetaal
het, asook die SA
Nasionale Saadorganisasie.
Soos die res van die koringbedryf
egter van dié saad te hore
gekom het, is VKB deur voornemende
kopers oorval.
Van die produsente het egter
begin kla dat van die saad met
'n droëland-kultivar vermeng
was, wat 'n langer groeier is.
Ander het VKB glo weer laat
weet dat hulle van hul hoogste
opbrengste nóg met die betrokke
saad behaal het.
Volgens Van Rensburg het
VKB heelwat moeite gedoen om
produsente wat beweer het dat
hul oesproses weens vermengde
saad bemoeilik is, tegemoet
te kom. VKB het hul koring verniet
vir hulle gedroog, en as hulle
ver van silo's met droërs was,
het VKB hul vir hul vervoerkoste
na die naaste een vergoed.
Omdat die koring oneweredig
ryp geword het, was die
boere se opbrengste en grade
laer en kon hul masjinerie dit
nie behoorlik oes nie.
Lees die volledige berig in Landbouweekblad van 13 Maart 2009.
10 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24