Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boere-loop-weer-deur-onder-wilde-beweringe

Nuus

Landbou sal homself moet finansier

Private fondse uit eie bodem sal waarskynlik gebruik moet word om die toekoms van die landbou te finansier.

  • Eskom wil kragpryse opstoot
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Mis
  • Hoog:17 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:37
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:24 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere loop weer deur onder wilde beweringe

 
NICO VAN BURICK en THEUNS BOTHA

Kommersiële boere moes die afgelope ruk weer kwaai deurloop onder wilde beweringe en veralgemenings oor wandade jeens plaaswerkers. Die TLU SA ondersoek die moontlikheid van klagtes van haatspraak wat daaruit kan voortspruit.

In boodskappe op Werkersdag en Vryheidsdag het die vakbond Cosatu boere wild beskuldig van wandade, soos moord, aanranding en verkragting van plaaswerkers. Ook mnr. Membathisi Mdladlana, Minister van Arbeid, het op Werkersdag 'n "rooi kaart gegee aan werknemers en veral boere wat hul plaaswerkers geen regte gun nie en sommige boere wat steeds hul werkers aanrand".

In sy Meidag-boodskap het Cosatu gesê hy "salueer die bykans 'n miljoen plaaswerkers wat voortgaan om die ergste vorme van misbruik en uitbuiting te verduur". Die vakbond sê hy is bewus "van die daaglikse misbruik, aanranding, moord en verkragting waaraan hulle deur hul base onderwerp word".

Cosatu sê hy weet dat die regstelsel vir baie plaaswerkers nie werk nie. "Ons is moeg vir rassistiese landdroste wat voortgaan om moordenaars van plaaswerkers belaglike lae vonnisse op te lê. Ons doen 'n beroep op die spoedige hervorming van die regstelsel sodat plaaswerkers ook soos mense behandel kan word."

Boere is ook in Cosatu se boodskap op Vryheidsdag skerp gekritiseer. "Rassisme en uitbuiting is steeds algemeen, veral op plase waar talle werkgewers dink hulle leef in die tydperk voor 1994, hul werkers soos slawe behandel en arbeidswette verontagsaam. Werkers wat opstaan vir hul grondwetlike en ander regte word misbruik en selfs vermoor. Hul gesinne word ook gereeld uit hul huise gegooi."

Volgens Beeld het Mdladlana op Werkersdag gesê plaaswerkers kan nie dié dag vier nie, want hulle weet nie wat hul regte is nie en dit word hulle steeds nie gegun ná 1994 nie

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, sê die uitsprake grens aan die absurde. "Die Regering sal mense tot verantwoording moet roep wat hierdie soort bewerings maak wat op geen manier tot beter verhoudings in die land kan bydra nie." Sy organisasie sal die verklarings bestudeer met die oog op 'n klag van haatspraak.

Mnr. Kobus Kleynhans, direkteur van arbeid en ontwikkeling by Agri SA, verwerp die beweringe met minagting. "Dit is blote retoriek. Daar word geen moeite gedoen om die werklikheid na te vors nie en as mens hulle vra, beskik niemand oor enige feite nie. Dieselfde beskuldigings word net óór en óór herhaal."

Mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê dit is 'n ernstige mistasting van die minister om die landbou uit te sonder as sektor wat hom die meeste aan die vergrype van menseregte skuldig maak. "Hy is welkom om plase die Oos-Kaap te besoek om homself te kom vergewis watter goeie verhoudinge daar op die meeste plase tussen werkgewers en werkers bestaan."

"Hier kom nie stakings op plase voor nie — soos die geval by talle van die plaaslike owerhede is nie. Boere is op hoogte en voldoen in die meeste van die gevalle aan die streng arbeidswetgewing. Daar is uitstekende verhoudinge op plase. Trouens, bonusse en Kersgeskenke word deur baie boere betaal."

Mnr. Willie Spies, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor arbeid, sê Mdladlana verdien self 'n rooi kaart vir die bydrae wat hy tot intergroepverhoudings in Suid-Afrika speel. Hy sê die herhaalde beskuldigings deur Cosatu en Mdladlana teen boere is sonder gronde en berus meestal op skinderstories.

"Dit is veral skrikwekkend as in ag geneem word met hoeveel haat en venyn moorde gepleeg word op plaasboere deur meestal jeugdiges wat opgesweep is deur uitsprake soos dié van Mdladlana".

Landbouweekblad, 11 Mei 2007

0
 
 
  • 2134 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Lisensiegeld vir trekkers
  • Boereworspasta
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction