|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die TLU SA is omgekrap oor die gebrekkige inligting rondom die openbare verhore wat landwyd oor die sektorale vasstelling vir minimum lone gehou is.
"Dit is kommerwekkend dat die TLU SA as een van die vername betrokkenes in dié saak nie vooraf voldoende kennis oor die verhore ontvang het nie," lui 'n verklaring wat deur die ekonomiese sakekomitee uitgereik is.
Dit is onaanvaarbaar dat die staat 'n verhoging van 10 % in werker se salarisse op boere wil afdwing, terwyl hy self nie bereid is om meer as ongeveer 5 % aan sy eie personeelkorps toe te staan nie, sê die TLU SA.
"Veral in die lig van die heersende swak landboutoestande word dit betreur dat die Minister van Arbeid nog nie tot 'n beslissing gekom het oor die afskaffing van die komende verhoging wat op 1 Maart in werking moet tree nie."
4 Maart 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24