Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boere-verklaar-oorlog-teen-lulu

Nuus

Landbou sal homself moet finansier

Private fondse uit eie bodem sal waarskynlik gebruik moet word om die toekoms van die landbou te finansier.

  • Eskom wil kragpryse opstoot
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Donderdag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Vrydag
  • Reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Mis
  • Hoog:17 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:37
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:24 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere verklaar oorlog teen Lulu

 
ANDRIES GOUWS

Boere het oorlog verklaar teen die Minister van Landbou en Grondsake, me. Lulu Xingwana, oor die soveelste lae hou wat sy na hulle gemik het in haar Kersboodskap wat as advertensie oor die radio uitgesaai is.

Haar invalshoek met die boodskap kan tot gevolg hê dat boere voëlvry verklaar word, plaasaanvalle en -moorde kan toeneem en dat Suid-Afrikaanse produkte op internasionale markte geboikot word, sê landbouleiers.

Intussen is daar gesprekke tussen Agri SA en die TLU SA aan die gang om 'n verenigde front te vorm en 'n gesamentlike optrede te oorweeg om hierdie onhoudbare situasie op die spits te dryf.

Albei organisasies het reeds briewe aan pres. Thabo Mbeki gestuur waarin hulle beswaar maak teen die herhaaldelike belastering van boere deur die minister wat in die presidensiële werkgroep opdrag het om die landbou te bevorder. Die boere voel egter sy doen nou meer skade as goed.

Die herrie gaan oor haar Kerswense aan die boere van die land, met die angel in dat boere nie "soos gewoonlik dié tyd van die jaar mense van plase af moet sit nie".

Mnr. Lourie Bosman, voorsitter van Agri SA, sê hierdie veralgemening is totaal onaanvaarbaar, veral in die lig daarvan dat dit nie die eerste keer is dat sy boere só beswadder nie. Volgens hom is haar opmerkings dat boere hul werkers onmenslik behandel, aanrand en verkrag deur amptelike ondersoeke as ongegrond bewys. Daarom is sy by die Menseregtekommissie van haatspraak aangekla en is 'n klag by die president ingedien.

"Wat ook baie ontstellend is, is dat die buitelandse media daaroor verslag gedoen het. Internasionale kopers is al hoe meer daarop ingestel om te weet hoe die produkte wat hulle aanskaf, geproduseer word. As hulle vermoed skendings van menseregte vind in die produksieproses plaas, kan dit tot boikotte van Suid-Afrikaanse produkte lei," het Bosman gesê.

Volgens hom kan dinge nie só aangaan nie. Hy sê die boere voorsien feitlik alles om die lewensgehalte van die mense op die platteland te verbeter en al wat hulle kry, is stank vir dank.

Mnr. Paul van der Walt, voorsitter van die TLU SA, sê 'n klag is by die Uitsaaiklagtekommissie gelê oor die feit dat onwaarhede, wat wanindrukke skep, in die advertensie van die minister vervat is.

Hy sê samewerking gaan met Agri SA probeer verkry word om kragdadig teen die minister op te tree omdat sy boere in die algemeen belaster. Amptelike ondersoeke het gewys die aantygings is onwaar, maar die minister gaan voort om dit net weer te herhaal.

"Daar is soveel kundigheid in die landbou vasgevang, maar sy ignoreer dit eenvoudig. Sy volg haar eie kop, wat skynbaar al hoe meer ideologies eerder as ekonomies gedrewe is. Dit sal die landbou nêrens bring nie", sê Van der Walt.

Volgens hom is Xingwana besig om met "haatspraak" 'n al hoe groter wig tussen haar en haar departement en die boere in te dryf. Een van die opsies wat oorweeg word, is om in die toekoms nie meer met haar oor landbousake te praat nie, maar regstreeks met Mbeki.

Besware oor die advertensie is van wyd en syd ontvang. Daar is veral kommer oor die feit dat die wreedaardige plaasmoorde en -aanvalle nie veroordeel word nie.

Landbouweekblad, 12 Januarie 2007

0
 
 
  • 1798 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • H1N1 eis Angusteler
  • Groot klomp mielies na nuwe seisoen oorgedra
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction