|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Boere van Bela-Bela tot Musina staan gereed om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se hand in die feestyd te sterk met Operasie Ystervuis.
Die doel is om sigbaarheid te verhoog as deel van misdaadvoorkoming in Limpopo, sê mnr. Japie Spanio, voorsitter van die TLU SA Noord se veiligheidskomitee.
"Die provinsiale kommissaris en die SAPD in Limpopo is per brief genooi om saam aan die oefening deel te neem sodat 'n kragtige boodskap aan kriminele elemente gestuur kan word dat misdaad nie in die provinsie geduld sal word nie," sê hy.
Mnr. Jan Viljoen, voorsitter van die TLU SA Noord, het boere bedank vir die bereidwilligheid om op eie tyd en koste misdaad te bekamp en hulle aangemoedig om op grondvlak saam met die SAPD te werk.
Hy het die hoop uitgespreek dat die optrede sal bydra tot 'n rustige en misdaadvrye Kerstyd.
17 Desember 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24