Skep, of skryf jou eie Boereblog hier, of lees wat ander bloggers op die hart het.

Skryf 'n blog
  • DRIE BENNIES: Op Saterdagoggend, 3 Mei 1947, verlaat ‘n vragmotor vol opgewonde hoërskoolseuns Vryburg van waar hulle vroeër voor die Grand Hotel bymekaar gekom het. Dit is twee rugbyspanne wat met ‘n toe militêre vragmotor op pad is om kragte teen hul medeskoliere op Christiana te gaan meet. Net voor die spoorwegoorgang by Ferndale sien die drie voorste insittendes aan hul regterkant ‘n stoomlokomotief en die hoek van hulle uitsig laat dit lyk of die trein langs die halte se perron staan. Die trein het helaas nie stilgestaan nie maar teen 45 mpu deur die Ferndale-halte gestoom!

    | Nog blogs deur hierdie skrywer
    Dinsdag 2 Mei 2017
    • Foonlose vleisbraai

      Deur Jan Bezuidenhout

      ʼn Sondag-braai, ʼn klompie vriende, die heerlike geur van ʼn vleisie op die kole, en niemand vroetel met ʼn selfoon nie. Haas ondenkbaar!

      | Nog blogs deur hierdie skrywer
      Maandag 17 April 2017
      • Die Klip

        Deur Danie C

        ´n Klip, wat in ´n stroper beland, kan baie skade maak. So ook aan planters en ander implemente.

        | Nog blogs deur hierdie skrywer
        Saterdag 15 April 2017
        • OLIEKRISIS SORG VIR VUURWERKE: Vir die klomp koshuiskinders wat in die sewentigerjare tydens die oliekrisis uit Bothaville, Viljoenskroon, Vierfontein en Parys in Potchefstroom skoolgegaan het, was koshuisnaweke se gaan haal en terugvatte ‘n logistieke nagmerrie gewees. Daar moes op ‘n Vrydagmiddag betyds weer by die tuisdorp volgemaak word om Sondag heen en weer Potchefstroom toe te kon ry en teen 80 kpu het dit ‘n ewigheid geduur om ‘n bestemming te bereik. Die bykomende frustrasie was dat ‘n adrenalienbelaaide khakiegestalte met ‘n hand omhoog uit enige bos langs die pad kon spring.

          | Nog blogs deur hierdie skrywer
          Sondag 26 Maart 2017
          • Beesboerdery, speel nog ´n groot rol in hierdie wêreld. Die lassosport het ´n groot aanhang, nie net onder die beesboere nie, maar stedelinge neem ook deel. Die vorige week, was die streeksbyeenkoms van Mato Grosso do Sul, op die dorp Sete Quedas. Daar was deelnemers van bogenoemde staat en die provinsie van Paraná en Paraguay. Daar was tussen 500 en 600 perde, wat deelgeneem het.

            | Nog blogs deur hierdie skrywer
            Vrydag 3 Maart 2017
            • Vroeër, was hulle agente, smouse en deesdae is hulle makelaars. Die manne wat die vee verhandel en op hoogte is van watter boer wat wil verkoop en wie wat wil koop. Het verlede week, by so ´n persoon in Brasilië besoek afgelê.

              | Nog blogs deur hierdie skrywer
              Woensdag 1 Maart 2017
              • KOM VANSELF TOT STILSTAND: Saam met die wolboere se voorspoed in die vyftigerjare het daar ook ‘n padveiligheidsprobleem op die land se paaie ontwikkel. Die mate van roekeloosheid wat begin inkruip het, het die owerhede genoop om ‘n veldtog van stapel te stuur om al die klomp nuwe bestuurders meer bewus van padveiligheid te maak. Oom Louis van Dyk het al hierdie gepropageerde wenke ter harte geneem. Dit was in hom ingeprent toe hy in 1956 ‘n telegram kry dat sy skeersel op ‘n sekere dag op die katalogus aangebied gaan word.

                | Nog blogs deur hierdie skrywer
                Sondag 26 Februarie 2017
                • Koljander en Ander

                  Deur Danie C

                  Ons benodig redelik baie koljander, omdat ons ons eie wors maak, volgens ouma se resep. Was altyd ietwat van ´n probleem, om genoeg in die hande te kry, totdat ons gehoor het van die winkel, sommer naby ons.

                  | Nog blogs deur hierdie skrywer
                  Vrydag 17 Februarie 2017
                  • Lar, die Koöperasie

                    Deur Danie C

                    Dit is die tweede grootste koöperasie in die provinsies van Paraná. Mato Groso do Sul en Santa Catarina. die koöperatiewe beweging groei en is lewendig.

                    | Nog blogs deur hierdie skrywer
                    Woensdag 15 Februarie 2017
                    • Die “Fees”

                      Deur Danie C

                      Turksvye, wil om een of ander rede, hier in ons gebied nie blom en vrugte dra nie, hoewel hulle baie welig groei. Na 23 jaar, het ons vanjaar ons eerste turksvye geeet. Hoewel die oes maar skamel was, was dit ´n begin.

                      | Nog blogs deur hierdie skrywer
                      Dinsdag 7 Februarie 2017