Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

10 Maart 2010

Ons eerste lam het aangekom!! Dit is wonderlik. n Klein rammetjie. Aangesien ons nie weet wie is dragtig en wie nie, sal ons maar elke dag moet hoop alles het glad verloop. Slaap wel met die oor om te luister of die diere dalk roep tydens kraam, maar moet ook se, is so moeg in die aande dat ek wonder of ons rerig iets sal hoor! Probeer maar in elk geval.

Ons het wel nog nie lammer kampe nie, so moeder en lam was gister in die kraal en van gisteraand af in hul eie kampie, nog bietjie groot maar darrem 4x4m. Moeder pas haar kleinding baie goed op. Kleinman sukkel net om die tiet beet te kry. Stamp stamp heeltyd aan sy ma en kom ook nerens. Het toe maar op die ou einde vir hom 2 spuite uitgemelk, toe moeder al begin met 'n gestude uier, en dit vir hom ingejaag. Hom bietjie gehelp om te drink aan haar, en toe nou weer gelos vir die aand. Hy le nog rustig en slaap so ons glo hy is ok. Sal hom dophou deur die dag.

Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd vlieg nie. Dit is al so droog hier, my hare begin in my nek opstaan vir weiding en brande. Weiding was ons veronderstel om lankal in die grond te gehad het, maar soos alles wat hier op hierdie boerdery begin, is dit nog nie gedoen nie. Nie omdat ons nie wil nie, net omdat ons nog nie daarby kon uitkom nie, te min hande, te min geld en te min tyd!!! Seker ons leuse vir die toekoms!  Daar is so baie dinge wat moet gebeur, en elke dag is net nog 'n dag later... Gelukkig het ons op 'n stuk Kukuju afgekom wat naby die pomp is. Die lei ons sommer nou ook al nat. Volgende week MOET ons klaar geplant wees! 

Het die skape weer 'n keer geblok die afgelope week, maar is nou klaar. Bosluise het ons geen op ons skape nie, die winter is reeds hier en ons sal hul nou net dophou. Glo nie die stres om hul in ons geriewe te hanteer is die moeite werd as die omgewing daarop dui dat ons gashere ons bietjie verlaat het nie. Sal hul wel dophou... dis tog maar wat ons elke dag heeldag doen.

Toe ons hul hierdie keer in die kraal gehad het, het ons hul weer geweeg. Dit is verstommend hoe baie hul al gewig aangesit het die afgelope 3 weke. Kan nie glo hul is nou eers 3 weke hier nie, voel al of  hul maar net nog altyd hier was. Wel, die hammeltjies het almal al goed tussen 3-8kg opgetel, en die meeste ander diere ook so 1-2kg behalwe so paar ooie wat BAIE opgetel het, selfs 9kg.... dink nie dis hul boude wat so groei nie maar dalk die laaste trimester van dragtigheid... 

Verder goed. Wil vandag net ook vir my liewe hoenders op die web plaas. Hul is so getrou. Het die afgelope week vir hul nog le-neste gebou en gaan seker hierdie week weer in hul hokke ook invaar. Moet al die kuiken hokke uitsorteer en ook moet hul kamp groter gemaak word. Hul moet met die skaapkraal verbind word, dat hul oordag die kraal kan gaan skoon skrop vir ons van organismes! Hul gaan dink dis hemels. Het amper dan 'n hele hektaar om op te skrop! 

Hier is een van my 2 moeder henne met hul 17 broeimasjien kuikens. Hulself het 9 uitgebroei en 12 het ek een aand onder hul geplaas na die broeimasjien kuikens uitgekom het. Hul is wonderlike moeders. Volgende week kom die volgende broeimasjien kuikens. Nou wil ek probeer om hierdie kuikens weg te neem en die volgende kuikens onder hul te plaas en te kyk wat gebeur. Hul maak hierdie kuikens so oulik groot. MAak van hul regte hoenders. Ek kan die versil duidelik agterkom nou dat dat daar henne met die kuikens is teenoor my ander kuikens wat sonder henne groot geword het. Leer baie "oorlewings tegnieke" by hul ma's. En die henne beskerm hul.

Hier kan mens die skeiding tussen my een kuiken kamp en die aangrensende groot kamp vir die henne sien. Die kuikens is nou Hi-line kuikens saam met die Boschveld henne en hul 19 kuikens. Die henne is nou verskillende ouderdomme Boschvelders met Amberlinks wat nou net begin le het. Het 'n hele mengelmoes kardoes van henne hier, maar wil bietjie begin kyk wat gaan hier werk - baie goed werk natuurlik....

Die gedeelte van die groot kamp vir die henne om in te loop. Agter kan jul die neste sien wat ek die afgelope week klaar gebou het.

Nou ja, groete, lekker dag, lekker week en hoop almal boer heerlik. Hier boer ons vreeslik lekker, besig om alles op te bou soos wat dit eendag moet wees. Intussen sukkel ons met alles wat nie klaar of daar is nie, maar ons is baie gelukkig en voel baie Geseend.

 

 

Geen gradering nie

Kommentaar

Lizette van Zyl 

Dit was lekker om weer van jou te hoor. Moenie worrie nie alles vat tyd en ja dit voel net of dinge nooit klaar kom nie, maar dit sal EENDAG !!. Geniet die nuwe "klein goed" wat aankom, dit is die beloning vir al die harde werk en maak alles die moeite werd.

Baie groete en sterkte met alles.
Lizette

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.