
|
Leon Kruger
|
Shaka Impi
|
Jakkals
|
|
Leon Kruger
|
Shaka Impi
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Dagse almal
Ek is nou eerlik as ek se dit is nou die derde keer in 'n week se tyd dat ek probeer om hierdie blog te plaas. Skryf elke keer die hele storie volledig en dan nes ek die voorskou wil sien, dan raak alles verlore. Vat my dan weer 'n dag om moed bymekaar te skraap om weer hier te kom sit en alles oor te doen. Hier sit ek nou weer en probeer maar weer. Hoop regtig hierdie keer is die laaste keer.
Hier gaan alles goed - Boere-goed, 'n ander term. Dit beteken dat mens jouself al so oortuig het dat alles goed gaan in moeilike tye, dat jy nie eens mismoedig raak as iets fout gaan nie, dit is deel van die normale gang.
Die hoenders het dikkop gehad die afgelope maand. Eierproduksie is nou letterlik in die grond in, maar ons gee hul nog 'n klein rukkie kans voordat ons stappe sal moet neem. Kon darrem al van die nuwe hokke gebou kry van die hoenders en hier is van die kuikens in hul nuwe kampie. Het die meeste van hierdie in die broeimasjien uitgebroei en die volgende eiers is in die masjien.Sukkel nog om die masjien reg te gebruik. Kry net 'n derde van al die eiers uitgebroei. 
Gaan een aand so 3 weke terug hok toe teen laatskemer om al die hoenders toe te gaan maak. Toe ons by die een kuiken hok kom is al wat 'n hoender is nie in die slaap hok nie. Baie vreemd.... Skyn met die flits in, en hier sit mnr vir ons en wag. Reeds 3 kuikens in sy lyf en nog 2 doodgepik, ONgelukkig vir hom word geen slange huidiglik op hierdie erf toegelaat nie. Met ons 2 klein kindertjies is die kanse nou net te groot. Veral aangesien hul dink alles wat beweeg moet gevang en mee gespeel word. Wel na 'n groot gesukkel is mnr toe dood, n volle 1.8m lange Mosambiekse Spoegkobra!

Het toe die landjie klaar geploeg, en nes dit ons voorreg is om te boer sonder alle implimente is die raaigras met die hand gesaai en die radyse mooi lyne gespan, gate deur my in die grond gedruk en Johan en Charlie (ons enigste werker) het die saadjies een een ingesit en toegemaak. Afgelope naweek het ons wonderlik 80mm reen gehad en ons kon nie vir 'n beter geskenk gevra het nie. Alles staan nou so mooi, die veld is sommer so skok-groen! Pragtig. Nou moet ons net almal se diere uit ons veld uit hou!!

Johan en Jan-Hendrik aan die ploeg.

Johan en Nico saai die raaigras.

Na 1 week groei dit pragtig!
Ek het intussen lammer kampies gemaak, en daar is darrem nou al een ooi en haar lam wat heerlik daar kon "bond". Ons het ook intussen 2 ganse gekry met die hoop dat hul "waghonde" kan wees. Hul slaap by die skape in die kraal maar o wee. Hul familie van wie hul kom is seker so 2km van hier af soos die kraai vlieg. So gevolglik kan hul lekker in die aande gesels met mekaar! Ons waghonde gesels dus meer as wat hul ons waarsku oor iemand wat hier is!

Die lammer - kampies

Die twee Raasbekke!!!

Ons 2 pragtige Boere-seuntjies! Dit is wat mens moet doen as dit heerlik reen en mens kry al ma se emmers beet. Hier was die eerste dag van reens. Toe het hul nog lekker gespeel. Nou na 4 dae se reen, het ons gister op die grasperk met die bakkie vasgesit. Die skape moes in die veld slaap want die kraal is te nat en die hoenders was ek bang word eende want ek kan hul pote nie meer sien nie soos hul in die water rond loop! Steeds bly dit heerlik!
Ons is nou besig om 'n groter braaikuiken hok te maak. Die groot gat wat kompos in het word leeg gemaak en die kompos hoop word nou buite gemaak. Die gat wil ons seel en water insit om te gebruik vir die besproeing. Die le-hoenders se hok word groter gemaak en aan die skaapkraal gesit sodat die hoenders die kraal kan skoonskrop. Verder boer ons tussendeur en probeer maar oorleef!
Hoop dit gaan Boere-goed by almal van jul ook!
Sterkte daar en pas julself asb baie mooi op!
Le-Andrie
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Le-Andrie. Die uitbroei van kuikens in broeikas het baie 'tricks'. 1. Ontsmet kas met 'jik' en plaas in direkte son vir volle dag na elke broei. 2. Hitte kontroleerder en temp meter van goeie gehalte. Temp. mag nie met meer as halwe graad wissel nie. 3.Lê kaste moet skoon skaafsels hê - want eiers mag nie vuil wees nie. Gebruik liefs klein ou motor bande op 'n paaltjie gemonteer vir lê doeleindes - dit kan maklik skoon gehou word. Eiers mag nie skoon gemaak word nie.Die teel van suiwer rasse is heel betalend. Ek kry tot R15.00 vir dagoud suiwer koekoek kuikens.
Hallo Le-Andrie
As ek besoekers deur my seksie vat, vat ek hulle gewoonlik kompos hoop toe. Ek vra dan,"soos wat ruik dit?" Die antwoorde wissel van nat grond tot stink, waarop ek antwoord, "nee dit ruik soos geld." Daar is geld te maak uit kompos, veral as dit goed en reg voorberei is. Ek maak so R10 wins per sak.
Groete en lekker boer
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)