Angusvleis

 

 

Vleis, dit is mos kos. Verbeel ek my, of was daar eens op ´n tyd, so ´n advertensie? Vir die normale vleiseter is vleis maar net vleis. Dit is nie so nie. Die telers van elke beesras maak aanspraak op sekere eienskappe wat daardie ras uniek sou maak. Vrugbaarheid, melkproduksie, sommige aangepas by die subtrope, ander aangepas vir koue. Wanneer gepraat word oor kwaliteit vleis, is daar een ras wat uitstaan, die Angus, of soos dit vroeër bekend was, Aberdeen Angus.

Verkoop nou die dag ´n Angus kruiskoei, wat net beloftes gemaak het vir die bul, aan die slagter. Weet dat dit goeie vleis is en besluit om ´n klompie kilogram vir ons self te bestel. Vir lekker wors en die vleis, wat normaal nodig is. Kom toe weer agter waarom die Angus bekend is vir sy kwaliteit en daardie marmering waarvan gepraat word.

Ongeveer 300 jaar gelede is hierdie poenskopras in Skotland ontwikkel, een van die min rasse wat net vir vleisproduksie geteel is. Klem is gelê op kwaliteit. In al die belangrike vleisproduserende lande is Certified Angus Beef beskikbaar, wat verseker dat die verbruiker net die beste bekom.

Dit is waarom die Angus die talrykste ras is.

Hasta la proxima.

Geen gradering nie

Kommentaar

scorpiondip

Ek stem met jou saam Danie, wonderlike prestasiedier.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.