Argentinië Verloor

 

 

Argentinië gaan 150 miljoen US $ verloor, nie omdat hulle span dalk nie die wêreldbeker gaan wen nie, maar omdat hulle tussen 10 000 en 14 000 ton hoë kwaliteit vleis nie meer na Europa kan uitvoer nie. Hulle totale kwota, van die alombekende Hilton kwota, is 28 000 ton. Dit is slegs die tweede keer in die geskiedenis, dat dié land, nie sy kwota kan lewer nie.

Die rede waarom hulle nie hul kwota kan voorsien nie, is drieërlei. Eerstens word dit gewyt aan die vertraging in die toekenning van die kwota aan die uitvoerders, die beperking van die regering op die buitelandse verkope van vleis en die gebrek aan diere wat geskik is vir die kieskeurige Europese mark. Die gebrek aan geskikte diere kan gewyt word aan die goeie reën van die afgelope somer na die vorige jaar se droogte. Beesboere is weer besig om hul kuddes op te bou.

Die kieskeurigheid van die Europese mark, stuit baie uitvoerders teen die bors, maar hulle wil seker hul eie produsente beskerm. Diere moet meer as 50% Europese en/of Britse rasse se bloed hê, naspeurbaarheid moet streng nagekom word, maw diere se hele geskiedenis, behandelings en chemiese middels waaraan hulle onderwerp was, moet beskikbaar wees. Verder word net 4 van die beste snitte toegelaat om na Europa uitgevoer te word. Dít maak slegs 14% van die karkas uit. Om 1000 ton vleis na Europa uit te voer, moet ongeveer 30 000 beeste geslag word. Hierdie is slegs enkele van die vereistes waaraan voldoen moet word.

Die Argentyne wag angstig om te sien wat se kleur kaart vir hulle getoon sal word, om hulle te penaliseer omdat hulle nie hul kwota kon lewer nie.

Hasta la proxima

Sommig van die inligting afkomstig van : Agromeat.

 

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (3 votes)

Kommentaar

charles norval

n dubbele gatslag vir die argentynse regering-omdat hulle goedkoop vleis aan die chusmas of te wel gepeupel wou verskaf-het hulle die vleisprys begin vasstel op n lae prys en die gevolg was boere het hulle beeste begin wegmaak en sojaboontjies saai-om terug te kap bepaal die regering n heffing van 45 persent op sojaboontjies-baie argentynse boere het toe plase in uruguay en brasil gekoop waar daar nie heffings was. n eks president van uruguay het onlangs ironies die argentynse president bedank omdat agv onnoselheid beleef uruguay n ekonomiese landbou opbloei. n paar jaar gelede het veeartse ryk geword terwyl hulle beeskuddes in argentinie geadministrateer het-vandag verkoop hulle hondekos en knip katte-ver die wat nog nie verstaan wat gebeur het,die volgende voorbeeld:die anc besluit die rowers betaal te veel vir hulle koeels-in plaas van 2 rand elke koeel word die prys op 1 rand vasgestel-dit neem nie in ag dat rowers hulle koeels steel. so musgrave in bloemfontein sien teen een rand n koeel maak hulle nie wins en begin om koperketels te vervaardig-die gevolg is dat die regering voer nie meer koeels uit en as gevolg van die skaarste kos koeels nou 4 rand stuk. die koper ketels verteenwoordig sojaboontjies, maar ons president het die chinese vies gemaak-hulle is gekritiseer op politieke vlak en antidumpingwette is teen hulle ingestel-nou koop hulle sojaboontjies van die vsa-as jy die ekonomiese konsep nie begryp,toma una damajuana de tinto por el pico y despues 2 litros vas a dar cuenta

Babs Cloete 

Dis darem baie biltong wat daar hang! Ek kry nie die blog waarna jy verwys nie, Danie. Onder watter opskrif moet ek soek? In die proses het ek egter op die resep vir aandete afgekom by landbou.com: Avo-en-spek burger! Groete, Babs

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.