Goeie dag Jan. Jou inskrywing dateer uit 2006 en sedertdien het niemand kans gesien, of verstaan hoe om so 'n projek verder te voer nie.
Oor die vraag wat presies gepoets moet word is die antwoord eenvoudig: ongetwyfeld die beeld van die landbou en die produsent. Die beeld van beide moet 'n positiewe persepsie by die verbruiker laat, wat tans nie die geval is nie, want die verbruiker dink die produsent is verantwoordelik vir die hoë pryse wat hy betaal. Op hierdie oomblik is daar 'n berig op die tuisblad wat aandui dat die koringprys met 36% gedaal het en broodprys met tot 22% gestyg het en die ekonoom en middelman sê ja maar daar moet darem onthou word dat die middelman se arbeid, energie en verspreidingskoste gestyg het. Ek het lanklaas in my lewe 'n groter bedrieglike wanvoorstelling teëgekom, eenvoudig vanweë die feit dat oor die die styging in insetkoste van die produsent in totaal geswyg word.Die persepsie wat die kommentaar laat is eensydig, uiters misleidend en bedrieglik.
Dit is waarvoor 'n beeldpoetser nodig is, om sulke gemors reg te stel.
'n Beeldpoetser moet maar net iemand wees wat weet hoe om sense te praat en van wie die verbruiker notisie neem. Name? Prof Willemse, Prof Kirsten, Dr Theunissen - daar is verskeie van hulle - Dr Mulder? Groetnis
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)