Bees voerkraal-boer

Ek sal graag hierdie Blog wil begin om te gesels oor Voerkraal vir beeste:

Die rede is eenvoudig. Voerkraal bestaan uit paar faktore wat dit op die ou einde winsgewend maak of op 'n verlies laat uitloop. Natuurlik wil ons almal graag afskop met 'n voerkraal van 40 000 + beeste, maar in werklikheid is dit net nie hoe dit gbeur nie. Nie een van die groot voerkrale van vandag het uit die staanspoor met soveel beeste begin nie. Ek glo ons kan almal wat betrokke is of wil leer oor voerkrale baat uit 'n gespreksforum rondom 'n voerkraal.

Hier volg 'n paar sub onderwerpe wat aangeroer kan word in die Forum.

1) Infrastruktuur: Watter Infrastruktuur moet in plek wees vir 'n voerkraal. nml krale ... hoe word dit opgedeel, hoe lyk die uitleg. Weeg van diere, hanteringsgeriewe, So met ander woorde hoe lyk 'n voerkraal wat werk in praktyk.

2) Lewende hawe: Hier is een groot doring in my vlees, waar koop mens ordentlike lewende hawe aan teen goeie pryse op gereelde grondslag. Almal weet daar is Veilings, ja en Vendusies waarnatoe gegaan kan word. Kom ons wees reguit, Vendusies is nie altyd die gewenste plek om speenkalwers aan te koop nie, jy mag dalk vir jouself net groter moeilikheid koop as wat jy voor beplan het. So wat is die perfekte grootte om aan te koop vir 'n voerkraal (gewig). Watter rasse werk oor die algemeen in voerkrale, wat is die verskil tussen verse en bulle in die voerkraal?

3) Voer: Ja die groot uitgawe wat ons almal laat terug sak in ons stoel. Watse voer is die beste, watse voer is ideaal? Wat is die regte rantsoene, waar koop ons die voer aan, wat is goeie pryse om na te kyk.

4)Inentings: Voerkraal sit met sy eie geneuk rondom siektes, so wat is die inentings waarsonder jy nie mag gaan nie, hoe gereeld, ens. Dan saam met die subafdeling dink ek kan mens sommer siektes ook doen, aangesien daar altyd iemand is wat vrae het hieroor, wat moet altyd byderhand wees om hierdie diere te help, ens.

5)Slaggereed: Nou ja ons het dit gemaak met die kalf tot op die gewenste gewig, wat is daai gewig, nou moet hierdie kalf geslag word, wat is die voorvereistes nog voor ek die kalf mag laai na die abattoirs, waar is die beste betroubare abattoirs, wat behoort ek betaal te word vir hierdie kalf, moet ek die afval saamgee, moet ek die vel self verkoop, al hierdie vragies.

So vinnige samestelling oor die voerkraal gesselspunte wat ons kan aanknoop. Ek sien uit daarna om saam te gesels....

Marius Louw

Jou gradering: Geen Gemiddeld: 4.3 (8 votes)

Kommentaar

Gerhard Zandberg 

Ek wil graag met voerkraal begin en wil weet watter ras sal ek mee kan begin met beste aankoop prys en ook prestasie.

J SWART 

WAT IS DIE GROTE PER BEES BENODIG IN N VOERKRAAL?

Sharky743 

@ ernst.

Ek het na sandra se veiling toe gegaan, om jou n idee te gee brahman kaller wat 90kg weeg het 2500 elk gekos.

Ek kry tans voerkraal beeste teen R22.50 per kg. Wil graag n voerkraal begin, maar die geld is,min, so as iemand geld het, ek het n contact en so bietjie grond. Kom ons maak n plan. Die beeste het n groei stumilant en weeg 150kg en ons kan tot 250+kg aankoop.

rianvwyk@hotmail.com

Laat weet my as iemand belangstel.

Baie dankie

Isak Taljaard 

Ek het `n jaar gelede my melkery gestaak en begin navraag doen oor vlies rasse vir die voerkraal en ek het die inligting gekry.

1. Ras/tipe
Vleisrasse en hul kruisings word verkies bo suiwelrasse as gevolg van hul beter groeivermoë. Die vyfde kwart, wat die huid insluit speel 'n baie belangrike rol in die bemarking dus vermy ons dus die aankoop van suiwer Brahmane met hul prominente skof. Suiwer Nguni's en Afrikaners word ook teen 'n verlaagde prys aangekoop.

2. Ouderdom/massa
Die potensiële wins van ‘n dier word bepaal deur die massa wat aangesit kan word in 'n tydperk voordat die dier oorvet word. 'n Swaar kalf se
potensiaal is dus as gevolg hiervan beperk.
As 'n breë riglyn verkies ons dus jong kalwers (tot agt maande oud) met
lewendige massa tussen 170 tot 230kg. Hierdie grootte kalf sal 90 tot 95 op gelaai kan word.

3. Geslag
Manlike diere groei gemiddeld 10% beter as vroulike diere. As gevolg
Hiervan beperk/vermy ons die aankoop van verskalwers. Verskalwer aankope sal dus ook op 'n verlaagde prys geskied. Gekastreerde kalwers het 'n meer gematigde temprament, met beter hantering-, karkaseienskappe. Bulle se "ryer" gedrag het karakasbeskadiging tot gevolg.

4. Gesondheid
'n Gesonde kalf kan tot sy volle potensiaal presteer. Diere wat siek is of gebreke het soos blindheid, been/poot gebreke en ander, kan tot 20% van sy groeipotensiaal in die voerkraal verloor.

5. Huidbeskadiging
Soos reeds genoem is die huid 'n belangrike bron van inkomste van 'n dier. Beskadiging van die huid deur veral verkeerde brandmerke, asook insekte en bosluise, verminder die waarde van die huid drasties.

6. Horings
Hantering en vervoer van beeste met horings skep verskeie probleme in die voerkraal. Karkaskneusings is twee maal hoër by diere met horings as by ge-onthoringde diere. Om tydens prosessering te onthoring, plaas
Addisionele stres op diere wat die groeikoers nadelig beinvloed. Ons beveel dus aan dat kalwers op 'n jong ouderdom van 0 tot 3 maande onthoring moet word.

Geen kalf mag uit ‘n ander voerkraal gekoop word nie.

Prysing/opsomming
Ons streef daarna om goeie kwaliteit vleisrasse tot agt maande, met 'n massa van 170kg tot 230kg te koop. Produsente wat bogenoemde in gedagte hou tydens die uitsoek van 'n besending speenkalwers, sal in die posisie wees om vir die hoogste moontlike prys te kan beding. Kalwers wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie, sal teen 'n verlaagde prys aangekoop word.

My keuse het toe geval op Angusse en het aangesluit by Angus se vleis projek.Kyk op hulle web bladsy is al die inligting.Geregistreerde bulle op komersieele Angus verse en hulle het almal gekalf.Maklike kalwings en sonder horings.

Ek hoop die inligting sal van waarde vir julle wees.

Groete uit die Noord-Weste.

Onbekende besoeker 

Baie interessante inligting. Ons het n melkplaas en maak uiter aard kalwer ook groot want ek gevind het help vir speen skok is n enting van multimin( multimin moet toe gedien word met n vit A om die sellunium te laat werk)n week voor speen, het net gewonder of dit nie kan help met diere wat pas op voerkraal aankom vir die aanpassing en skok nie.
Verdere vraag oor n randsoen wat genoem is van 1/3 2/3 mielies en beefmaker moet mens nie maar versigtig wees om diere wat nie n voerkraal gewoont is nie so massa mielies te gee nie, ek wonder maar net oor suurpens wat jou groei erg gaan belemmer.
Gebruik boran saad op van ons beeste( meestel jerseys) en verkoop kruis kalwer op week oud, indien iemand met n ooreenkoms wil kom kan ek die kruis kalwer tot op 100 kg vat en dan verkoop. Het nog nie n proef gedoen op kruisings nie maar ons jersey kalwers tel so +- 10 kg n week op vanaf 70kg hoe ouer die kalf raak groei dit na mate vinniger, en ek glo die kruisings sal selfs nog beter groei.
Geniet die geselskap
Dankie

Barry Becker 

Ek wil asb inligting he oor voerkrale die hoeveelheid beeste om klein te begin die uitleg van die voerkrale en wat se tipe toerusting `n mens nodig het.Ek sal dit waardeer as iemand my kan help.Barry Becker

Ernest 

Ek weet die is nou n ou gesprek maar ek wil net weet , ek is so 50km van Sandra se veiling af Waar die pryse op speen kallers baie goed is, Ek wil graag n voerkraal begin met so 10 kallers! Is dit die moeite werd? Wat gaan dit my kos om n kaller van aankoop tot verkoop gewig te kry , per kaller?
Dankie
Ernestn@trancom.coza

Onbekende besoeker 

Baie aangename en kennisvolle kometare wat hier genoem word, en ek dink vir eenige iemand soos myself wat nuut is in die bedryf moet maar notisie neem en op die einde van die dag self implimenteer volgens wat hy wil he.

Ek myself wil n klein voerkraal van so 5-10 bonsmara of eenige vleis bees vat en kyk hoe werk dit, maar jong as ek so na al die goed kyk wat julle benoem wat voer aanbetref dan krap ek so bietjie kop.

Ek sien dinsdag n voedkundige en sal interesant wees wat daar uitkom, ongelukkig kan hulle nie als uitdeel nie, asof dit soos julle se "n staats geheim"is.

Ek wil graag met iemand in kontak kom waarna ek kan kom kyk hoe dinge gedoen word. Dus kan ek klein begin en van daar af werk. Dis lekker om sulke mense soos julle te sien goedjies deel.

Ek kry huidiglik R 22 p/kg bonsmara en kruisings. Kan eenige iemand vir my se of dit n goeie prys is?

Sien uit na die terugkoming.

kallie kruger 

Het u dalk 'n plan vir 'n voerkraal asb?

Thea Bruwer 

Het julle boere al gehoor van Boom Lusern? Die wondergewas vir veeboere! *Immergroen struik met dieselfde voedingswaarde as gewone lusern! *Bevat geen blousuur! * Beeste kan to 1kg per dag gewig aansit! *Sit stikstof gratis terug in die grond! *Kan -10° C hanteer! *Verhoed erosie! *Is brandbestand *Plant kan 30-60jr GROEN voer verskaf met eenmalige insetkoste!!! Wat meer kan 'n boer vra?

Onbekende besoeker 

Hehehe ... ek haal my hoed af vir almal hier hoor sommer die passie vir boerdery. Het n goeie boere raad gehoor jy gooi elke oggend, middag en aand drie druppels water agter n kaller se oor dan het jy goeie verkoopbare kallers aan einde van die dag. Ek vra die oom toe vir wat help die water dan nou? Sy antwoord was hy weet nie maar ten minste sien jy elke kaller drie keer n dag .... ;)

Onbekende besoeker 

Marius, jou briewe gelees, wat het toe van jou voerkraal geword, vertel jou storie verder, asb

JJBotha

Jaco Botha

JJBotha

Ek het n klein voerkraal begin en werk op die reel ek koop maer koeie en speenkalwers als wat ek onder R3000.00 kan koop nie ou koeie nie en ook nie te jonk nie voer hulle vir 90 dae en verkoop dan en dit werk goed. Ek voer en gebruik veld weiding. Ek is naby die mark dit help baie

M.L 

Plaas groete.
Ja nee dit is voorwaar lekker om te sien dat die somer op ons is.
My voerkraal is nou seker so twee derdes klaar gebou, Die goed kos maar aardige klompie geld om aan die gang te kry. Ek probeer dit reg doen van die begin af, so dit alles kos baie.
Die beeste lyk almal goed, en daar is nie probleme op die oomblik nie. Ek maak gebruik huidiglik van veld weiding tot ek my kraal klaar het en sal dan intensief begin met die voerkraal. Moet se aangesien die veldweiding die beeste in so goeie kondisie laat, en dit natuurlik so te se gratis is, laat dit mens soms wonder oor die voerkraal winsgewendheid, maar ek het doel voor oe gestel en gaan dit na streef. Ek sal egter baie vinnig moet dip, die vliee en bosluisse sal nou weer aktief begin raak.
As die voerkraal klaar is behoort hy so +- 200 beeste te kan hanteer op 'n slag. Ek sal natuurlik nie wegspring en 200 beeste gaan koop en in voerkraal stop nie.
My gevoel is om hierdie 30 wat ek huidiglik het na die voerkraal voltooi is af te rond so binne 30 dae. Daarna sal ek seker weer so 30 - 50 inkoop van +- 200-230 Kg en van stanspoor af op die voerkraal sit.
Die voerkraal wat ek het gaan in twee kampe verdeel word, dit is basies vir die "gevestigde" beeste en dan die nuwes wat ingekoop word, Ek verstaan dat die slim ouens se mens moet volgens ouderdom en geslag ook skei, sal maar sien hoe verloop die twee kamp eers, anders sal ek hom maar verder verdeel. Die skaal is gekoop en staan reg om geimplementeer te word sowel as die drukgange ens. Die eerste taak was maar om die beplanning te doen en die heining op regte plek te kry, ek sou seker nou al heelwat verder gewees het as die verskaffer nie kort afgelewer het nie. Dit is maar die nuus hier van my kant af

voerkraal groete
Marius

Ben Venter

Hackey
Jou grond is baie klein, watter infrastruktuur het jy? mag jy diere daar aanhou, die mis gaan 'n reuk afgee waaroor jou bure kan kla. Sal aanbeveel dat jy groot kallers koop nie meer as 5 nie wat maer is en hulle vetmaak en verkoop. Anders kan jy 'n kraal maak vir so 10-20 lammers en eerder na skaapvoerkraal kyk. As jy nie voermaak fasiliteite het nie en als moet inkoop kan dit duur wees. Begin baie klein en kyk eers of dit gaan werk. Onthou jou arbeid om 5 te voer kos dieselfde as om 50 te voer. Medisyne kom in groterige maat en kan anvanklik duur kos. Op jou grote hoewe sal dit meer oor die liefde van die saak gaan as om geld te maak.
Groete
Ben

Hackey Louw 

Ek bly op 'n plot en wil graag weet of 'n klein voerkraal winsgewind sal wees of nie. Die grootte van die grond is maar ongeveer 2 hektaar. My e-pos adres is louwh@telkom.co.za. Enigeen met voerkraal kennis, laat weet tog asb. Dankie

Ben Venter

Ek is nou besig met 'n proef met 15 Bonsmara kallers op die veld, gemiddelde gewig 218 kg. Byvoer mengsel 200kg SB100 met 800kg mielies teen 3% liggamsgewig. Het hulle gespuit Covexin, Vitamien A en Ecomectin, oorinplantaat is Ralgro super. Ek maal nie die mielies nie, en hulle eet die voer baie goed. Sal julle op hoogte hou van hoe dit gaan en vergelyking gee teenoor groei in voerkraal.
Groete
Ben

Onbekende besoeker 

Ek sal graag meer wil weet oor die Infrastruktuur van Voerkrale, hoe word dit ingedeel en hoe lyk die uitleg. Ek wil byvoorbeeld weet wat is die beste afstand van voerkrip na waterkrip?

Onbekende besoeker 

Marius,
Kan jy dalk vir my raad gee oor watse voer ek kan gebruik om 3mnde kallers groot te kry en teen wat ek hulle moet in-ent?Soos jy self gesien het is mens maar dom in die begin...

Ben Venter

Maruis
As jy volvoermengsel kompleet aankoop gaan dit jou te duur uitwerk. As jy mielies tot jou beskiking het en nie 'n voerwa het nie kyk na beefmaker. 200kg beefmaker en 800kg mielies kyk jy na +- R1400.00/ton gegewe jy kan mielies kry teen R1000/ton jy gooi net die mielies en beefmaker 2/3 en 1/3 in voerkrip uit. Ek self is in begin staduim en toets en kyk ook na alles. As jy voerwa en kulvoer en ruvoer het kan dit afkom na +- R1200/ton, afhangende wat jy in jou area betaal vir ru voer ens.
Groete
Ben

Marius Louw

het enige iemand 'n idee waar ek dalk beter prysse op voer kan kry? Die pryse wat ek het is soos volg:
Veldafrond meel R1550/ton vir backgrounding

Starter - R1800/ton
Grower – R1690/ton
Finisher – R1590/ton
Finisher + Zilmax – R1790/ton

As ek so luister na almal praat hulle van die rantsoenne hou by R1000 per ton ...nou waar kry ek sulke prysse?

Groete

Marius Louw

Die naweek het ek die ander kalf verloor. So twee is nou vrek. Was dus nie baie lekker naweek gewees nie, maar ons sal vasbyt. Het die kalwers Vit A-E ingeent hoop om bietjie te help met die kondisie. Kan nog nie regtig enige verskil sien in die kallers se kondisie in die week wat ek kragvoer gee nie (miskien is ek bietjie haastig) ten minste eet hulle en le nie. (praat nou van die klein kalwers)
Die groter kallers lyk goed en gaan net aan. Ek is besig om my drukgang te bou en behoort binnekort klaar te wees. Ek kan nie wag om die beeste weer te weeg en te sien waar hulle staan nie. Wat aankoop van beeste wag ek nou eers. Wil eers hierdie beeste deur die silkus vat, sal daarna weer kalwers koop. Verder leer ek nog daagliks ...

Groete uit die voerkraal ...

Spiekeries 

Om die kontant vloei aan die gang te hou koop n paar maer koeie en voer hulle terwyl jy wag vir die die speen kalwers, in 90 dae is die koeie slag ryp,

Jaco Kriek 

Marius

Rakende die tipe. Doen ook navorsing oor kruiskalwers. Baie kruiskalwers het 'n beter VOV as opregte rasse, en as jy 'n voerkraal bedryf is dit 'n groot deel van die bottom line. Veral Boran kruisings, en kruisings met jou groot europese rasse (romagnola en chianina) lewer goeie VOV op.

Groot ding is egter formule..... kry 'n resep wat werk. Voer wat goed doen met een bees werk nie noodwendig so effektief vir 'n ander tipe bees.....

Rakende speenkalwers aankoop. Koop direk by 'n teler, bou kontakte en koop direk. Sny middelmanne uit.

My opinie.....

Marius Louw

Dankie vir julle almal se saam gesels.

Eerstens: Ek is in die donkerhoek area gelee.
Natuurlik wil ek graag 'n sukses maak van die projek. Ek lees alles wat ek kan kry rondom die aspekte van voerkraal, rantsoene, siektes, inentings, ens, ens. Huidglik het ek 30 kalwers. Miskien leer iemand ook uit my foute: My grootste fout eerstens was om te veel te betaal vir die eerste klomp kalwers. Het nie geweet wat die pryse is of waar om goeie beeste teen goeie pryse te kry nie. Ek het R17.50 per kg betaal vir die eerste 15. die beeste was gemiddeld so 200kg. Wel dit was my eerste fout. My tweede fout (en eintlik grootste fout) was toe om te gaan kyk vir kleiner kalwers met die hoop dat dit goedkoper sal wees. Hierdie kalwers het ek toe gekry vir R15. per kg gekoop, maar en dit is die groot maar hulle was so gemiddeld 120kg-140kg. So daar is my probleem toe nou. Ek sit met klein kalwers wat vol piep is en wat nog nie "reg" is vir voerkraal nie, eintlik nog aan speenskok ly. Ek het toe een kalf verloor wat gevrek het agv. wanvoeding (so gekoop) en was nie betyds om hom te red nie, en tweede kalf is baie siek met selfde probleem. Ek het die veearts uitgekry en betaal vir raad :-)

Die ras van die kalwers is egter nie 'n probleem nie, meeste van my kalwers is bonsmara en bonsmara tipe. Ek moet byvoeg dat die eerste groep kalwers staan nou op gemiddeld 350KG so hulle lyk absoluut pragtig. Dit was nou die tweede fout wat ek gemaak het wat my duur skoolgeld kos. Ek het klomp voer gaan koop by die kooperasie teen natuurlik hopeloos te veel geld. Elk geval ek gee nie om, om klein te begin en sodoende daaruit te leer nie, ons almal moet tog erens begin.
Intussen het ek uitgevind die beste gewig om mee te begin is rondom die 230Kg. Huidiglik is speen kalwers se prys so in die omgewing van R15.50 per kg ... nog vrek duur as jy in aanmerking neem dit kos dan in die omgewing van R3600 per kalf.
verder het ek 'n goeie voer program gekry, soek nog na mense wat dit teen billike pryse wil verkoop.
Dan het ek ook uitgevind die kalwers moet dadelik teen lam- en sponssiekte ingeent word, en pasturella.
Ook het ek paar boere raad raak geloop vir die verdomde beeste wat so opblaas as hulle aan hierdie ryk kosse eet waaraan hulle nog nie gewoond is nie :-) bietjie asyn en suiker. Of as die grootmaag nie meer wil nie, koppie olie.
Dan het ek ook uitgevind dat die gewig op die hoef van +- 460Kg benodig word om winsgewend te wees. Ons hoop dan vir 56% uitslag, maar hoop vir ten minste 230KG. vir allerhande teghniesse redes sowel as winsgewend.
Nou ja ek jag nog na goeie pryse op speen kalwers in die omgewing van 200kg + van die bonsmara tipe.
Sal julle op hoogte hou

Groete
Marius

JvdW 

Baie boere maak die groot fout om teen die koste van 'n rantsoen (per ton) vas te kyk.

Die voer is nie jou produk nie. Jy wil dit nie weer verkoop nie, so hierdie prys per ton is minder relevant.

Die enkele balangrikste faktor is die voerkoste/kg vleis/wol/melk/eiers geproduseer.

'n Rantsoen wat jou R800/ton kos sal nie noodwendig meer wins genereer as 'n rantsoen wat R 1'100/ton kos nie. Die kwaliteit van die grondstowwe in die voer of premix beïnvloed aspekte soos voeromset-vehouding en gemiddelde daaglikse groei wat met die voer behaal kan word. Hiermee saam gaan die kwaliteit van die kalf wat gevoer gaan word: swak kalwers met minderwaardige genetiese potensiaal sal nie eers op die beste voer presteer nie.

Die ander kant van die munt is egter ook waar: hoe duurder die rantsoen, beteken nie altyd beter prestasie nie. Die fyn balans kom in by die reputasie en ondervinding van die voer/premix vervaardiger en die kwaliteit van sy grondstowwe.

Die enigste manier vir 'n boer om te bepaal waarmee hy die beste prestasie:koste sal realiseer, is deur self proewe te doen of om BETROUBARE bronne te raadpleeg oor resultate.

'n Baie belangrike punt is egter om jouself te omring met ervare veeartse, veekundiges en voedingkundiges. Sommige voerkraal eienaars deel ook soms inligting en jy kan baie by hulle leer, ander bewaar weer hulle kennis asof dit 'n Staats-geheim is.

Oor die lang termyn kan dit lonend wees om premies te betaal vir kwaliteit speenkalwers, voere/premix en goeie gesondheidsprogramme.

Indien jy min ondervinding het, begin eerder kleiner. Baie mense pak 'n nuwe boerdery/vertakking op te groot skaal aan en brand dan hul vingers of hardloop uit kapitaal uit.

Onbekende besoeker 

Indien moontlik hou ver weg van boerdery. Ek het al n melkery, vark- en boerbok boerderye van die grond af begin en die beste was om na 2 jaar gelyk te breek. Die boerderye was opeenvolgend en het oor n periode van 9 jaar gestrek. Van die 3 was die bokke die maklikste en vinnigste. In die proses het ek so R3 miljoen verloor.
Ek werk weer op konstruksie en maak in 1 maand wat ek in 2 jaar sou kon maak as alles reg geloop het.
Nou kan ek bekostig om my kinders se universiteits gelde te betaal en nog te spaar ook.
Indien jy wil boer moet jy weet dat jou lewens standaard en die van jou gesin drasties gaan daal.
Wees asb versigtig, boerdery betaal swakker as n gedobbel.

Paul Fouche 

Kommentaar vervat in berig onder naam Paul

Paul Fouche 

Ek het die afgelope paar weke saam met 'n vriend navorsing gedoen tov die finansiele sy van 'n voerkraal. Ek moet byvoeg dat ek geen kennis van beesboerdery het nie.

Dit beslis waar dat die ligging van jou mark en die insette baie belangrik is.

In my berekeninge is vervoerkostes en elektrisiteit vir water nie inageneem nie en met een arbeider in diens moet jy met ten minste tien kallers begin om ongeveer 10% wins na drie maande te maak. Uitgawe per kalf sonder aankoop prys is ongeveer R1605.00. Jy het dus 'n goeie bron van kapitaal nodig om progressief te boer.

Ek sal daarvan hou as iemand my berekeninge kan bevraagteken, want dan kan ek bevestig of my redenasies reg is.

Ek sal ook graag wil weet of iemand evaring van bokke in voerkrale het en hoe dit finansieel en andersins van beeste verskil

louwtjie blom 

DIT IS BAIE GOEIE VRAE WAT GEVRA IS ,MAAR DEEL ASB DIE ANTWOORDE MET MY,louwblom@gmail.com----

Jacques Oberholzer 

Marius,
Ek is nie 'n voerkraal spesialis nie maar daar is een faktor wat ek by 'n paar kleiner voerkrale gesien het wat veral voer self meng. Dit is dat die voerkraal eienaar voer self meng maar die belangrikste gedeelte van die voer nalaat en dit is om nie 'n Vitamiene en minerale pak by te voeg nie. Ek stem saam dat voer wel duur is, maar die is nie 'n area wat weggelaat kan word nie. Daar is baie goeie (nie net groot maatskappye nie) wat kan advies en hulp verleen in die opsig. Een wat ek al mee gedeel het is SA Premix.

Ek was by 'n voerkraal waar die boer se hoof voerbron opgemaak is uit kuilvoer, maar sy beeste het nooit 100% gelyk nie. Ons het toe 'n konsentraat vir een groep bygemeng en ons kon duidelik die verskil tussen die twee groepe sien.

Hoop my klein bydrae help.

Beste groete

Spiekeries 

Marius my e-mail is spiekeries@gmail.com, skryf vir my dan sal ek jou die vrae beantwoord tot so ver, as wat my bietjie kennis en ervaring strek. Groete iut argentinie. Jacques

Onbekende besoeker 

Maruis,
Jou aan koop prys en ligging,soos hier bo genoem, is die belangrikste van enige voerkraal,want die bedrag bepaal jou wins op die einde. Jy betaal ongeveer R3500 per kalf. Om n speenkalf van 220kg na 420kg te vat, is nog ongeveer R1000, so speenkalf vreet ongeveer n ton voer om sy slaggewig te kry, jou spuitstof, arbeid en diesel moet ook afkom by jou wins. Maak seker oor jou mengsel is reg, probeer om dit (1 Ton)onder n R1000 te hou. Alle sterkte...
Groetnis..

Onbekende Besoeker 

Jaco, ek stem saam met jou dat vervoer jou baie vinnig kan ruk.
Marius, paar goeie punte wat jy het, ek sal graag wil hoor wat van die suksesvolle voerkrale se menings is daaroor.
'n Vraag van my kant, weet iemand waar is die naaste voerkraal aan P.E?

Jaco Kriek 

Marius, ek sal begin deur kortliks een punt aan te raak wat jy nie genoem het nie: LIGGING LIGGING LIGGING!

'n Goeie voerkraal se winsgewendheid gaan verlore as sy ligging verkeerd is. As jy ver van jou mark is, ver van jou speenkalwers is, en ver van jou voer verskaffer is, gaan jou wins tot niet gery word.

Sterkte!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.