Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Boereblogs / Belangrikheid-van-bosluisspesie-identifikasie

Argiewe

2012

  • Mei (1)
  • April (3)
  • Maart (1)

2011

    2010

      2009

        2008

          Blogger

           
          scorpiondip
          Foto album
          Aangesluit: 10 Jun 2009
          Plaas naam : Iewers
          Dorp : Pretoria
          Provinsie : Gauteng
          Land : Suid Afrika

          Ek ondersteun

          boran se foto
          boran
          Argentyn se foto
          Argentyn
          Danie C se foto
          Danie C
          Le-Andrie Bezuidenhout se foto
          Le-Andrie Bezuidenhout
          Leon Kruger se foto
          Leon Kruger

          Volgelinge

          • AnnieBP se foto
            AnnieBP
          • MARIETH GROBLER se foto
            MARIETH GROBLER
          • Danie C se foto
            Danie C
          • Janbez se foto
            Janbez

          Vriend

          MARIETH GROBLER se foto
          MARIETH GROBLER
          Danie C se foto
          Danie C
          Janbez se foto
          Janbez

          Jongste blogs

          Danie C se foto
          Toulouse en omgewing (4)
          saai se foto
          Invoere - bangkrot Boere
          Steven nel se foto
          Kopklamp
          Steven nel se foto
          My nuwe nguni vers
          Johannes Meintjes se foto
          Perspektief op Landbou: ACDP

          My Weer

          • Voorspelling
          • Vandag
          • My ligging

          Kaapstad

          • Donderdag
          • Gedeeltelik bewolk
          • Hoog:20 C
          • Laag:9 C
          • Vrydag
          • Reën
          • Hoog:17 C
          • Laag:10 C
          • Saterdag
          • Mis
          • Hoog:17 C
          • Laag:7 C
          Sonsopkoms: 7:37
          Sonsondergang: 17:47

          Kaapstad

          Bygewerk:24 May 02:00 IDT
          Temp:
          Druk:
          Doupunt:
          Humiditeit:72%
          Wind:

          Kaapstad

          Peiling

          Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

          Belangrikheid van Bosluisspesie Identifikasie

          Ingestuur deur scorpiondip op 17 Mei, 2011 - 13:23

          Johan van der Watt van SandSonia Boran duskant Humansdorp skrywe vir my oor huurgrond wat hulle in die oog het en, sy fonds van bosluise. Hy stuur vir my foto’s van die bosluise wat hy gevind het en vra n opinie.  

          Miskien sal dit interessant wees om die gordyn so effe te lig oor die werk en besluitneming wat met aanbevelings gepaard gaan.

          Lees maar sy skrywe self en bestudeer die foto’s.

          Hi Pierre

          Dankie vir die gesprek vroeër.  Aangeheg vind ‘n paar foto’s van die tipiese grasveld weiding wat ons in PE gaan huur.  Hier is ‘n paar foto’s van die bosluise wat ek vanmiddag opgetel het. Hulle is sowat 6-8mm lank van neus to anus.

          Ek sal nog gaan optel en toets soos deur jou voorgestel en jou laat weet.

          Laat weet gerus wat jy dink waarop ons bedag kan wees wanneer ons diere hierheen gaan skuif. Die eerste trop is 25 F1 Boran X Tuli, Nguni, Bonsmara, Jersey verse (9-14 maande oud).

          Hartlike dank

          Johann

           

          Die foto’s

          Johan het 4 foto’s gestuur. Ek dink dit is mooi foto’s maar, enige kundige sal vir jou sê dat wat ek nou gaan skrywe, ‘n beslissing is met baie beperkinge en dus raaiskote is. Ek moes die bosluis onder n mikroskoop eerder kry en ook na verskeie ander liggaamsdele kyk sodat mens jou naam en die Wetenskap eer..

          Ek moet tweedens my nie deur die ligfaktore in die foto laat verneuk om ‘n beslissing maak nie.

          Hoekom is identifikasie belangrik?

          Die korrekte identifikasie van die bosluis dui verskeie belangrike aspekte aan wanneer besluitneming oor die beheer van die bosluis en of bosluisgroepe kan plaasvind. Hier is enkele redes wat die stelling ondersteun en heelonder in die byna laaste paragraaf verduidelik.

           

          Korrekte identifikasie help met die beheer van die spes

          1. Die lewensiklus van die bosluis word met die omgewing, temperatuur, klimaat en reënval op ‘n grafiek bereken
          2. Dit bepaal wanneer die bosluis beheer moet word
          3. Watter ander gashere op die plaas lewer ‘n bydrae tot die bosluis se voortbestaan
          4. Die siektes wat die bosluise kan oordra
          5. Hoe om die siektes te voorkom en of te bestuur en wat die impak wees van verkeerd toegediende dieremedisyne
          6. Die potensiële weerstandigheid wat bestaan teen akarasiedes, want dit bepaal die effektiwiteit van beheermiddels en of dit kan en of mag en moet gebruik word
          7. ‘n PVB of Plan van Beheer word in ‘n Strategies Geïntegreerde Parasietbeheer Model voorgestel, (wat die rol en impak van chemiese middels op ander biotiese lewe soos miskruiers en voëls en ander parasiete van ekonomiese belang, soos luise, vlieë en interne parasiete bereken).

          Daar is nog vele ander faktore. Ek sal in hierdie skrywe na enkele ander verwys.

          Antwoord

          Johan, my beskeie opinie met die informasie in die foto’s tot my beskikking (lees weer my beperkinge hierbo) is dat hierdie bosluise in die foto’s bruinoorbosluis is of wetenskaplik bekend as (Rhipicephalus appendiculatus).

          Ek heg graag vir die lesers die beskrywende sketse aan wat in die boek Ticks of Domestic Animals in Africa: a Guide to Identification of Species; A.R. Walker A. Bouattour, et.al.,  verskyn.

          Ek heg nou vir jou skanderings uit die boek aan oor die bruinoorbosluis en dan sê ek vir jou waar ek waarskynlike identifikasies kon maak.

           

          Die bosluise het 'n uniforme bruin kleur maar vir die res is dit hoofsaaklik raaiskote. As jy na die skets kyk jy jy sien mens moet na die palpe, duike, hare, monddele, vorm van die lyf, skutum, groewe en klomp ander dinge kyk, want elke bosluis van die sowat 900 spesies geidentifiseer is anders, lyk anders en is uniek.  Dit is lang en harde werk om dit bekwaam en deeglik te doen.

          Wat ek wel van jou mooi foto's kon aflei, is as jy na die stertkant van die bosluis kyk, sien jy sulke groewe. Ek het hulle getel om n basiese aanduiding te verkry. Die belangrike aanduiding hier was in die skets hieronder, (die 2de een), wat die klein kolletjie aandui. Dit is die anus. Let op dat die bepaalde groewe op die stertpuntrondinge het (wat ook van ander spesies verskil.)

          Die Engelse term vir dit is "festoons". Ek het jou foto bekyk en dit lyk vir my of daar ook 11 festoons is by jou bosluise op die foto's.

          Langs die anus is twee plate, wat as die anale plate bekend staan. Hulle het 'n lang skraal en driehoekige vorm wat in 'n bepaalde manier rondom die anus geplaas is of vorm.  Op jou foto en hierdie skets is die twee naby aan mekaar.

           

          Let op dat langs die anale plate is daar nog twee sulke plate wat amper om die dop vou. Dit kan mens ook duidelik op jou foto sien.

          Wat mens nie op jou foto's sien nie is die "stertjie" wat skets 3 heelonder het. Jy het gedink dit is die anus.

          Let daarop dat die anus nie daar sit nie, maar amper in die middel. Die klein kolletjie op die laaste skets

          Hieronder is 'n foto van Stefan Sollfros, (Eurospiders.com). Dit is van bosluise wat paar waar die wyfie bevrug word.

          Let op dat die mannetjie se mond die paring doen en let op waar die geslagsdeel van die wyfie sit.  Let ook op na die "denture's" op hierdie bosluisspesie se dop en die wyfie se lang monddele, die haartjies, kleur, en tande. Alles is eienskappe wat in die taksonomie en morfologie van bosluise gebruik word.

           

          En dan laastens, waarom is al hierdie moeite nodig?

          As ek nie hierdie spesie kan identifiseer en ken nie, ken ek nie die siektes wat dit oordra nie. Dit beteken ek weet nie watter middels om te gebruik nie en wat die ekonomiese impak van hierdie spesie is nie en, weet ek nie hoe om jou te adviseer nie.

          Ek weet dus niks van hulle ondersteunende gashere nie en kan ek geen strategiese plan uitwerk om hierdie bosluise uit te knikker nie. Om te raai is n belediging aan enige iemand aan wie mens respek wil betoon.

          Dit beteken ek sal nie weet nie hoe om wetenskaplik vir jou aan te beveel, hoe jy hierdie bosluise tussen die ander potensiële weerstandige bloubosluise kan bestuur nie. 

          Sou my identifikasie reg wees, kan ek vir jou die volgende van hierdie spesie sê?:

          1. Die bruinoorbosluis het n baie streng seisoennale voorkoms en voltooi sy lewensiklus in 1 jaar
          2. Volwasse bosluise kom voor in die reenseisoen, Desember to Maart April en jy het die bosluis in Mei gekry. Dit is n uitdaging want watter rol speel die weer in hierdie klimaatstreek of selfs mikrohabitat.
          3. Die larwes kom voor in die koeler tydperke na die reensseisoen, (Maart tot Julie) en die nimfe in die winter tot vroeë lente
          4. Die seisoenale patroon wat volwasse bosluise volg word gereguleer deur volwasse bosluise wat nog nie 'n bloedmaal geneem het nie. 
          5. Hulle gaan in 'n rustende periode waar hulle nie 'n gasheer soek nie (diapause) en sal glad nie 'n gasheer soek voor na die eerste reëns nie.
          6. Dit is 'n 3-gasheerbosluis. Dit voed verskriklik vinnig in al die ontwikkelingstadiums en benodig net sowat 4-7 dae om die bloedmaal te voltooi.
          7. Dit kom in groot getalle voor op koedoes, elande, groter nyalas, beeste en elande en bokke voorkom.
          8. Volwassenes kom graag op die oor en anus voor en die onvolwasse bosluis op die nek en horings, ooglede, die borslap en nie in die oorkanaal nie.
          9. Groot getalle kom op kleinwild voor en ook hase. Dus om jou hase en ander kleiner gashere uit te roei en hulle te beskuldig van bosluisverspreiding is gewoon oningelig.
          10. Hulle oorleef in savanna veld en sal waarskynlik nie kort weiding kan oorleef nie, maar bossieveld en dik weiding baie lekker.
          11. Die bosluis in n baie gevaarlike bosluis. Dit dra  Theileria parva oor, wat die oorsakende organisme is van Ooskuskoors en Buffelsiekte.
          12. Sy speeksel het 'n inhiberende agent in sy speeksel wat veroorsaak dat diere sowat 15-30 kg minder sal weeg en veral 'n invloed het op jou speenkalwers wat jy wil verkoop, asook herbeseeting en vrugbaarheid en speentydperke en koei-kalfspeengewigte.
          13. Die bosluis veroorsaak dat diere ore verloor en veroorsaak dat die beesbrommer se maaiers, wat net op vars vleis leef, groter skade kom aanrig.

          Hoe om dit te bestuur?

          Ons moet maar eers uitvind watter bloubosluisspesies daar is en wat is hulle dipstofweerstandigheid, wat is die diere mee behandel en of wanneer laas is die grond bewei. Kom rooiwater daar voor en ook watter een, asook hartwater (watter een) en anaplasmose. En dan moet ons vir jou maar weer 'n strategie opstel met feite.

          Skuus as jy nou moedeloos is, maar so moet ons met elke een van die spesies wat van ekonomiese belang maak voordat ek gaan waag om jou te adviseer.

          Baie dankie vir alles. 

          Pierre van Niekerk

          0126674755

          0822208386

          pierrevn@telkomsa.net

           

           

          Jou gradering: Geen Gemiddeld: 5 (2 votes)
          • scorpiondip se blog
          • 1660 keer gelees
          • Drukker-vriendelike uitgawe
          • Stuur na vriend
          • PDF uitgawe

          Kommentaar

          Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

          Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

          Geborgde skakels


          Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

          Kwaliteit Saad

          Die toekoms is in jou land

          In lyn met die boer

          MSD Animal Health

          Our brand new website

          Daaglikse nuusbrief

          Weeklikse nuusbrief

          Teken In

          • Registreer as gebruiker
          • Wagwoord vergeet?

          E-pos forum

          • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
          • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
          • Boom Lusern en siektes
          • Nekklamp vir beeste
          • verpakking soos bokse en sakke
          meer...

          Gewildste stories

          Vandag

          • Revolusie in landbou is hier - Tina
          • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie

          Immergroen stories

          • RSS-voere
          • E-pos foto's aan ons

          Pas gelees

          • Belê ook buite die boerdery
          • Opgietmiddel in beeslek
          • Wie is ons?
          • Kontak ons
          • Gebruiksvoorwaardes
          • SMS-diens
          • RSS-voere
          • Teken in op LBW
          • LBW-argiewe
          • Vennote

          Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

          Web Development by FormFunction