
|
boran
|
Argentyn
|
Danie C
|
Le-Andrie Bezuidenhout
|
|
Leon Kruger
|
|
MARIETH GROBLER
|
Danie C
|
Janbez
|
|
|
|
| Bygewerk: | 24 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Ek het besoek afgelê by die SanSoria Boranstoet van die Corn van der Watt te Humansdorp. Ek wag vir die evaluasie wat ek en Johan saam opgetel het, van Johan self af wat ek sal plaas, maar intussen net n paar foto’s van die diere, bosluisvry.
Ek het daarna ook my projek op
Sal ook berig oor n besoek van Bayer terselfdertyd om met Denys te praat oor die holisme van “Strategies Geïntegreerde Parasietbeheer Plan” wat ons by Denys geïmplementeer het.
Die een lekker nuuskierig gehad om bosluise te soek...
Produsente wat "Die Geloofsprong geneem het na die Wetenskap van parasiete"
En dan, as ek mag, dit noem hoe lyk n boer wat met inligting bemagtig is, met kundige inligting oor die parasiete wat op sy plaas voor kom, sy plaas in die verband leer ken, sy weidingsstrategie aangepas het na die lewensiklusse van die bosluise wat op sy plaas voorkom en, vir jou kan verduidelik waarom hy dit so beheer en bestuur.
In die woorde van een van my grootste invloede in my navorsing, Prof Ivan Horak,
“Ken jou parasiete, ken jou plaas” Elke produsent wat onder my werk en hande deurloop weet aan die einde van die dag met watter parasiete hy werk, wat hulle invloede is en weet hy waarom hy wat doen.
In die woorde van Denys Wells…
”Niemand hoef ooit weer n produk aan hom te kom verkoop nie. Hy weet nou wat hy moet doen en waarom hy dit doen. Jy is welkom om te kom tee drink maar hy sal jou bel as hy jou nodig het….!”
SanSonia Boranstoet
Pa Corn, Johan en Corn se pa het voor laasweek al ge-opdrag dat hy met die nuwe program wat ons by hulle geïmplementeer het, presies wil weet wat hy moet doen.
Hierdie nuwe program van so min dip is ‘n hengse aanpassing vir hom, want voorheen was sy program dat hy elke twee weke op sy plaas in Humansdorp, 15 troppe bees deur die Spreidip moet jaag om bosluisbeheer toe te pas.
Hierdie aspek, hierdie een enkele aspek, is die grootste aanpassing vir elke boer nog. Dit is net nie moontlik vir hulle om dit nie te besef dat dit nie nodig is om nie elke week of twee te dip nie.
“Dit was vir die afgelope 20 jaar nie moontlik nie!. Nou kom hierdie vreemde mal Bosluisman met sy verwaaide hare vanuit die Noorde en kom vertel vir hulle presies wanneer wat gaan gebeur.
“Waar kom hy vandaan? Hoe
Dan die skok…”Dit @ werk@!!!!! En om die skok te verwerk en die onsekerheid, soos met Denys en PJ Hassard en die ander, is duidelik nie maklik nie. Dis iets om in te groei wat ek soms miskyk
Nou ja, ek vertel later meer. So bietjie foto’s van die SanSoria stoet. Ons het net op een groepie bees, enkele bosluise gekry omdat hul gereed was vir embrio’s en dus nie van die begin af op die beplande program was nie.
Ek wys die foto’s van hulle ook.
Pierre van Niekerk
Dit is 8.20 Maandag 2 November, hierdie diere is lui gevreet. Hierdie ontvanger koeie was nie deel van die eerste behandeling nie en op die witbont koei agter is 2 bontboluise gesien... Dit is n koei wat in die toekoms as merkerkoei kan dien vir bosluise
Klompie nuuskierige koeie, gaan sit altyd op my hurke, dit verneuk hulle, maak hulle nuuskierig sodat en kan bosluise soek
Hierdie ontvangerkoei se melkspieël is wit, sy het Jersey bloed in haar wat haar 'n eerste kandidaat van bosluisbesmetting sal maak... niks nie !!!
Kan ek afsluit deur te noem, vir multigashere het ek Deadline van Bayer hier gebruik...en SanSoria sal self getuig...ons het 40 dae nawerking in die strategie soos ek aanbeveel het.
Pierre van Niekerk
0126674755
0822208386
pierrevn@telkomsa.net
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Pragtige vet , gesonde diere en 'n lieflike landelike omgewing. En ek glo. ..bosluisvry . .goeie werk gedoen
Jy's reg die diere is pragtig gesond - so rond gesond! En die agtergrond is pure Humansdorp - my hart trek met 'n punt!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)